.

Skenk bloed die feestyd

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Skenk bloed die feestyd.
Skenk bloed die feestyd.

Bloedvlakke in die Wes-Kaap neig om gedurende die feestyd te daal. Een van die redes kan wees dat gereelde bloedskenkers met vakansie gaan en nie hul gereelde bloedskenkkliniek besoek nie. Covid-19 voeg steeds bykomende druk op die bloedvoorraad.

“Ons wil graag ’n beroep op alle geskikte bloedskenkers doen om bloed te skenk en so die grootste geskenk te gee deur tot drie lewens te red,” sê Marike Gevers, bestuurder van openbare betrekkinge by die Wes-Kaapse Bloeddiens (WKB). WKB mik om ’n bloedvlak van ten minste vyf dae ten alle tye te handhaaf om sodoende aan die Wes-Kaapse behoeftes te voldoen.

Vandag stuur WKB die “Ons het soveel om te gee”-veldtog van stapel. Hierdie veldtog sal op sosiale media te sien wees. Video’s van bloed­skenkers word vertoon wat ander inspireer om bloed te skenk. Pasiënte wat bloed ontvang het, bedank skenkers vir hulle besonderse daad in hierdie video’s.

“Jy kan soveel meer doen as om te lewe. Jy kan lewens red”, voeg Gevers by.  . Indien jy tussen die ouderdom van 16 en 75 is, 50 kg of meer weeg, ’n algemene goeie gesondheid handhaaf, ’n veilige seksuele leefstyl lei, behoort jy te kan bloed skenk. Bloedskenking neem slegs 30 minute van jou tyd en jy kan elke 56 dae bloed skenk. Om jou naaste bloedskenkkliniek te vind, laai gerus die app af op Android en iOS of stuur ’n WhatsApp na 060 549 7244. Doen iets besonders, skenk bloed.

Rand - Dollar
16.27
-0.1%
Rand - Pond
19.76
+0.3%
Rand - Euro
16.73
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.54
-0.0%
Rand - Jen
0.12
+0.3%
Goud
1,787.77
-0.1%
Silwer
20.34
+0.2%
Palladium
2,252.50
-1.6%
Platinum
948.00
-1.4%
Brent-ruolie
99.60
+2.2%
Top-40
64,270
-0.5%
Alle aandele
70,977
-0.4%
Hulpbronne 10
64,299
-2.4%
Industriële 25
86,979
-0.1%
Finansiële 15
16,104
+0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos