.

Sooispitseremonie

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die Wes-Kaapse Minister van menslike nedersettings, Tertuis Simmers, en die Overstrand-burgemeester, Dudley Coetzee, tydens die sooispitseremonie in Blompark, Gansbaai.
Die Wes-Kaapse Minister van menslike nedersettings, Tertuis Simmers, en die Overstrand-burgemeester, Dudley Coetzee, tydens die sooispitseremonie in Blompark, Gansbaai.

Die Wes-Kaapse minister van menslike nedersettings, Tertius Simmers, het onlangs die eerste sooie van ’n nuwe behuisingsprojek in Gansbaai gespit.

Die Blompark-behuisingsprojek het ’n begroting van bietjie meer R 78 miljoen en sal 539 behuisingsgeleenthede lewer. Dié projek sal na verwagting teen die einde van Maart 2023 voltooi wees.

Dit vorm deel van die Geïntegreerde Behuisingsontwikkeling-program (Integrated Residential Development Programme (IRDP). Dit beteken dat dit nie net ’n gemengde ontwikkeling met behuising vir verskeie inkomstegroepe sal wees nie, maar ook ruimte vir spasie vir kommersiële en ontspanningsgeriewe.

Simmers het in sy toespraak oor die projek gesê dié “omvangryke projek” sal nie net die gemeenskap se lewensstandaarde verbeter nie, maar ook ’n aansienlike verskil in die omgewing bring.  

“Ek wil graag ’n beroep op die gemeenskappe doen om te verseker dat die persele nie wanbestuur word nie en dat ons hand-aan-hand met die projekbestuurkomitee en die plaaslike munisipaliteit gaan werk om begunstigdes te identifiseer en die lys van begunstigdes te finaliseer sodat wanneer die wooneenhede voltooi is, die regte mense daarby sal baatvind,” het Simmers bygevoeg.

Volgens Simmers is dit noodsaaklik dat mense in behuisingsnood op die departement se databasis geregistreer is. “Dis uiters noodsaaklik dat die mees kwesbare lede van die gemeenskap – bejaardes ouer as 60, mense met gestremdhede, diegene wat reeds 15 jaar en meer op die behuisingswaglys is en agterplaasbewoners – op die databasis geregistreer moet wees.”

Hy het afgesluit met die volgende woorde: “Die Wes-Kaapse regering is daartoe verbind om die voorsiening van menslike nedersettings te bespoedig en tergelyketyd sosiale inklusiwiteit te bevorder deur die ontwikkeling van geïntegreerde,  veilige en volhoubare menslike nedersettings in ’n samelewing waar geleenthede beskikbaar vir almal is.”

besig om te laai... Regstreeks
South Africa A 297/10 & 116/5
India A 276/10
besig om te laai... Regstreeks
Sri Lanka 204/10 & 328/8
West Indies 253/10
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
15.95
+0.7%
Rand - Pond
21.22
+0.4%
Rand - Euro
18.02
+0.8%
Rand - Aus dollar
11.31
+0.8%
Rand - Jen
0.14
+0.9%
Goud
1,767.33
-0.8%
Silwer
22.39
+0.3%
Palladium
1,780.47
+2.0%
Platinum
941.12
+0.6%
Brent-ruolie
68.87
-0.5%
Top-40
64,555
-0.4%
Alle aandele
71,021
-0.3%
Hulpbronne 10
67,557
-0.5%
Industriële 25
93,673
-0.4%
Finansiële 15
13,890
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos