
Wat veronderstel was om 'n heerlike vakansie vir 'n familie van Ceres te wees, het in 'n tragedie ontaard toe twee susters tydens 'n frantsongeluk dood is.
Volgens kaptein Fadila September, woordvoerder van die Hermanus-polisie, het dié voorval vroeër vandag by die ou hawe gebeur. "Die twee susters van 60 en 62 jaar is dood nadat 'n brander hulle omgeslaan het terwyl hulle op die rotse gestaan het en een van die familielede besig was om foto's te neem," sê sy. Volgens die familielid was hy nog besig om foto's van sy ma en tannie te neem en toe hy weer sien, is hulle nie meer daar die.
Die oorledenes se liggame is deur deur die Nasionale Seereddinginstituut (NSRI) gevind en die familie is dadelik traumabehandeling aangebied.