.

Vas ná moord op eks

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ashley October is weens die moord op sy gewese vrou vasgetrek.
Ashley October is weens die moord op sy gewese vrou vasgetrek.

Nuus oor ’n inwoner van Elim, wat weens die moord op sy gewese vrou in hegtenis geneem is en ’n reeksverkragter wat sewe lewenslange vonnisse opgelê is vir die verkragting van vroue wat langs die N2 buite Grabouw geryloop het, het verlede week opslae gemaak.

Terwyl inwoners en organisasies oor die Overberg heen deelgeneem het aan die begin van die jaarlikse veldtog vir 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders, het Ashley October die eerste keer in verband met die moord op sy gewese vrou, Charlene October, in die Bredasdorp-landdroshof verskyn.

Adjudant-offisier Jakobus Marthinus, woordvoerder van die Bredasdorp-polisie, het bevestig October is Woensdag 24 November in hegtenis geneem vir sy beweerde aandeel in dié moord.

“Tydens die ondersoek is bewysstukke ontdek wat hom aan die misdaad verbind. Die ondersoekbeampte, adjudant-offisier Frans Volkwyn, het op grond van dié bewysstukke aansoek gedoen vir ’n lasbrief vir sy inhegtenis-neming, en dit is deur die hof toegestaan,” het Marthinus verduidelik. “Borgtog sal teengestaan word.”

October en Tashwell van der Rheede, wat in Augustus weens die moord op Charlene October in hegtenis geneem is, het Donderdag 25 November op aanklag van moord in die Bredasdorp-landdroshof verskyn.

Volgens bronne is October vermoedelik die meesterbrein agter die moord op sy gewese vrou, wie se liggaam Maandag 12 Julie deur haar oudste seun in haar huis in Proteastraat, Elim, gevind is toe hy sy maand oue baba, wat sy die vorige aand opgepas het, wou gaan haal.

Die kind is ongedeerd gevind.

October is die pa van Charlene se twee jongste kinders.

Van der Rheede was in aanhouding in verband met ’n onverwante verkragtingsaak toe hy van die moord op Charlene en die rooftog by die huiswinkel by haar huis aangekla is. Van der Rheede het met sy verskyning op 10 Augustus aangedui hy sou nie om borgtog aansoek doen nie. Hy staar drie aanklagte in die gesig – moord, sakeroof en verkragting in verband met ’n voorval in 2019.

Hermanus Times het betroubaar verneem dat October een van die talle mense is wat ’n petisie ná Charlene se moord onderteken het. In dié versoekskrif het inwoners van die sendingdorp en die Elim-opsienersraad gevra Van der Rheede moet nie op borgtog vrygelaat word nie. Die ander alternatief was indien hy wel op borgtog vrygelaat sou word, hy nie in Elim toegelaat moes word nie.– Vervolg op bladsy 2

besig om te laai... Regstreeks
Bangladesh 465/10
Sri Lanka 397/10 & 39/2
Rand - Dollar
16.08
-1.0%
Rand - Pond
19.85
+0.2%
Rand - Euro
16.84
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.18
-0.1%
Rand - Jen
0.13
-2.0%
Goud
1,816.59
+0.1%
Silwer
21.40
-1.1%
Palladium
2,006.50
-2.4%
Platinum
938.25
-1.9%
Brent-ruolie
111.93
-2.1%
Top-40
62,494
-0.9%
Alle aandele
69,083
-0.9%
Hulpbronne 10
71,795
-1.4%
Industriële 25
76,804
-1.3%
Finansiële 15
16,026
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos