.

Wet en orde, stabiliteit vir die dorp

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister
Martie KoegelenbergFoto:
Martie KoegelenbergFoto:

Raadslid Koegelenberg, vertel my kortliks iets oor uself en waar u belangstelling in politiek vandaan kom? Ek is in die Noord-Kaap, in Namakwaland, getoë en woon die afgelope 13 jaar in Caledon. My belangstelling is nie politiek as sulks nie, maar gemeenskap. Politiek is ’n voertuig om jou gemeenskap te dien. Ek was by toerisme betrokke en het besef dis nie werklik waar verandering aangebring kan word nie. Jy moet in wetgewing en plaaslike regering betrokke raak en daarom het ek by die wykskomitee betrokke geraak. Dit is ’n baie belangrike hulpmiddel vir die publiek om hul stem te laat hoor. Van daar af is ek na die DA waar ek die afgelope 10 jaar die raadslid vir wyk 4 is.

Noem ’n paar punte wat vir jou belangrik is en waar jy dink jy ’n verandering kan teweegbring? Eerstens is dit is belangrik dat ons, ons plaaslike administrasie, ons TWK-munisipaliteit se administrasie, uitgesorteer kry. Oor die afgelope vyf jaar was daar ’n leemte in administratiewe leierskap. Tweedens het ons ’n baie groot gebied wat uit agt dorpe en 24 informele gebiede bestaan. Die druk op die munisipale begroting en operasionele werking van informele gebiede is fenomenaal. Ons moet onmiddellik beter operasionele bestuursplanne vir beter dienslewering in hierdie gebiede daarstel. Ons moet slimmer werk, nie noodwendig duurder nie. Dit is ’n bestuursaak waaraan ek baie aandag sal gee. Vaste-afvalverwydering is ’n probleem en dit kan nie werk soos in formele woongebiede nie. Hier is beslis ruimte vir verbetering. Wat sanitêre behoeftes betref, is ons nie naastenby waar ons moet wees nie en omdat rioolpype ondergronds gelê? moet word, is dit ’n geweldige groot uitdaging. Derdens gaan die punt waaroor ek die sterktste voel, en waar ek voel dat ons as raad ons hele visie moet verander, oor gemeenskapsveiligheid en wetstoepassing. Informele gebiede begin dikwels met onwettige besetting. Dit is waar die moeilikheid begin. Die oomblik dat jy onwettige besetting het, kom al die ander gepaardgaande onwettige dinge. Jy eindig met ’n “selfregerende gemeenskap in niemandsland”. Dit begin by onwettige bou, onwettige rommelstrooiery wat dan oorspoel na ander gedeeltes. Ek sal graag wil sien dat my wetstoepassers “agente van verandering” word. Dat ons eerder vir mense leer waarom daar sekere reëls en regulasies is voordat ons hulle beboet. Die gemeenskap moet eienaarskap neem deur byvoorbeeld te sê: “Nie op my sypaadjie of in my gemeenskap sal bourommel gestort word nie.” Sou ek tot burgemeester verkies word, sal dít wees waarop ek die eerste vyf jaar van my termyn gaan konsentreer. Om na die beste van my vermoë, my koukus se vermoë en dan natuurlik ook die raad en munisipaliteit, om wet en orde terug in TWK te bring. Ons moet begin by die begin en dan sal die ekonomiese belegging in ons gebied vanself kom. Ongelukkig kan die plaaslike regering dit nie alleen doen nie. TWK het nie die finansiële beursie om dit te kan aanpak nie. Ons het die gemeenskap se hulp nodig. Daar moet ’n samewerkingsooreenkoms wees. Wet en orde is nie net die regering se werk nie. Dit is die gemeenskap se prioriteit. Daar moet vertrouensverhoudings opgebou word met kerkleiers, skole, die sakesektor en die publiek. Veral die jeug moet opgelei word om “agente van verandering” te word. Ons is agt unieke dorpe met unieke behoeftes. Ons moet planne maak wat elke dorp se karakter en behoeftes aanspreek.

Hoekom moet kiesers vir jou party stem?Die DA is die enigste party met die nodige vaardighede om die werk te kan verrig.

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.81
+0.3%
Rand - Pond
20.41
+0.0%
Rand - Euro
17.27
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.11
-0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Goud
1,799.07
+0.3%
Silwer
24.39
+0.2%
Palladium
2,045.00
+0.9%
Platinum
1,042.50
-0.1%
Brent-ruolie
85.53
+1.1%
Top-40
60,580
-0.1%
Alle aandele
67,172
-0.1%
Hulpbronne 10
63,244
+0.2%
Industriële 25
86,436
-0.4%
Finansiële 15
13,915
+0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos