.

Wyndruif-oes lyk belowend

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Suid-Afrikaanse wyndruifprodusente verwag ’n goeie, maar ietwat kleiner 2022-wyndruifoes ná ’n gunstige en gesonde groeiseisoen. Dit volg ná die eerste van vier oesskattings deur wingerdboukundiges en produsentekelders. 'n Foto van Creation Wines se wingerde is ter illustrasie gebruik.
Suid-Afrikaanse wyndruifprodusente verwag ’n goeie, maar ietwat kleiner 2022-wyndruifoes ná ’n gunstige en gesonde groeiseisoen. Dit volg ná die eerste van vier oesskattings deur wingerdboukundiges en produsentekelders. 'n Foto van Creation Wines se wingerde is ter illustrasie gebruik.
Rick Marais

Suid-Afrikaanse wyndruifprodusente verwag ’n goeie, maar ietwat kleiner 2022-wyndruifoes ná ’n gunstige en gesonde groeiseisoen.

Dit volg ná die eerste van vier oesskattings deur wingerdboukundiges en produsentekelders.

“In hierdie baie vroeë stadium word die wyndruifoes kleiner as in 2021 beraam, maar steeds groter as die vyfjaar-bedryfsgemiddeld,” sê Conrad Schutte, bestuurder van Vinpro se span wingerdboukundiges wat die oesskattings saam met die bedryfsliggaam SAWIS (Suid-Afrikaanse Wynbedryfinligting en -Stelsels) uitreik.

“Produsente het ’n uitstekende winter beleef vanweë voldoende koue, soos weerspieël deur gereelde sneeuval op bergpieke, saam met bestendige reënval wat grondwatervlakke aangevul en bygedra het tot ’n aansienlike styging in Wes-Kaapse damme se vlakke,” sê Conrad.

Die gesamentlike watervlakke het teen middel September, net voor die begin van die 2022-groeiseisoen, op 81% gestaan. In die Noord-Kaap se wyndruifverbouingsgebied blyk watervoorsiening uit die Vaalstelsel tans voldoende te wees.

Die meestal koel lente en nat grondtoestande het daartoe gelei dat botbreuk gewoonlik sewe tot 14 dae later as gewoonlik plaasgevind het, maar bot was deurgaans mooi en egalig.

Hoewel die aanvanklike groei weens relatief koel toestande traag was, het warmer weer in November die groeitempo versnel en kon die meeste wingerde inhaal tydens blom, wat ongeveer vyf dae later as gewoonlik plaasgevind het. Vroeër kultivars het goed geblom, maar sekere laat kultivars soos cabernet sauvignon het gedurende koel, nat en winderige toestande geblom, wat set negatief kan beïnvloed.

“Uit die aard van die wynbedryf se geografiese verspreiding word variasie in oesgrootte tussen die onderskeie streke waargeneem,” sê Conrad.

“Die netto afname in die skatting word grootliks toegeskryf aan wingerduitkappings, asook ondergemiddelde trosgetalle- en groottes in sekere streke en kultivars.

Streke waar wingerde meestal voor die koue, winderige weer middel November geblom het, asook dié met voldoende grond- en besproeiingswater en ’n afwesigheid van swamsiektes, kan moontlik ’n groter wyndruifoes as in 2021 afhaal.

“Die seisoen lyk belowend, maar baie kan verander voor parstyd,” sê Conrad.

Die volgende oesskatting deur wingerdboukundiges en produsentekelders word in die derde week van Januarie 2022 uitgereik.

Rand - Dollar
16.43
+0.1%
Rand - Pond
19.86
-0.1%
Rand - Euro
16.72
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.52
+0.3%
Rand - Jen
0.12
+0.9%
Goud
1,774.77
-0.3%
Silwer
20.14
-0.7%
Palladium
2,154.71
+0.1%
Platinum
935.65
-0.3%
Brent-ruolie
95.10
-3.2%
Top-40
64,726
+1.1%
Alle aandele
71,505
+1.1%
Hulpbronne 10
65,387
+3.3%
Industriële 25
87,072
+0.1%
Finansiële 15
16,239
+0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos