.

BRU hou inentingsveldtog

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister

Die Boland-rugbyunie (BRU) is besig met ’n poging om rugbyspelers te oortuig om vir hul Covid-19-inentings te gaan.

Bennie van Rooi, die president van BRU, sê die unie wil deur dié bewusmakingsveldtog die belangrikheid beklemtoon dat spelers vir hul inentings moet gaan.

“Baie van ons spelers wil glad nie ’n Covid-19-inenting ontvang nie, want hulle glo nie daarin nie. Ons is tans besig met ’n grootskaalse inentingsveldtog waar ons spelers en klubs besoek en hulle probeer oortuig om vir hul Covid-19-inenting te gaan.”

Volgens Van Rooi is die Overberg ook op sy lys van streke om te besoek. “Ons moet die Overberg besoek, want die manne van die Overberg wil nie hulself laat inspuit nie.”

Anton Esau, die afrigter by Hawston Skrik vir Niks-rugbyklub, sê dis die regte ding wat BRU doen om ’n voorbeeld te stel. “Dinge moet na normaal terugkeer. Sport moet weer begin. Dis van kardinale belang, veral in klein dorpies soos Hawston.”

Esau sê hy vermoed dat van volgende jaar af gaan elke speler sy inentingskaart moet wys voor ’n wedstryd. “Al die unies en klubs gaan daardie pad begin volg. Spelers moet vir hul inentings gaan. Hoe gouer klubs hul kant bring, hoe gouer kan spelers na die oefenvelde terugkeer. Sport moet weer begin. Kom ons skop volgende jaar weer met klubrugby af.”

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.81
+0.5%
Rand - Pond
20.42
-0.0%
Rand - Euro
17.27
+0.3%
Rand - Aus dollar
11.11
-0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Goud
1,799.30
+0.4%
Silwer
24.39
+0.2%
Palladium
2,056.00
+1.6%
Platinum
1,041.00
-0.2%
Brent-ruolie
85.53
+1.1%
Top-40
60,580
+0.0%
Alle aandele
67,172
+0.0%
Hulpbronne 10
63,244
+0.1%
Industriële 25
86,436
-0.4%
Finansiële 15
13,915
+1.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos