.

Cradock-boer van ‘Boer Soek ’n Vrou’ kry sy vrou

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Graham Lombard, ’n voormalige deelnemer aan die reeks ‘Boer soek ’n vrou’, en Gerda Hansen glimlag van oor tot oor nadat hulle Maandag verloof geraak het. Foto: Facebook, Graham Lombard
Graham Lombard, ’n voormalige deelnemer aan die reeks ‘Boer soek ’n vrou’, en Gerda Hansen glimlag van oor tot oor nadat hulle Maandag verloof geraak het. Foto: Facebook, Graham Lombard

Graham Lombard, wat in 2019 aan die kykNET-program, Boer Soek ’n Vrou, deelgeneem het, is nou tot oor sy ore verlief en kan nie uitgepraat raak oor die mooie meisie van Pretoria wat hy deur gemeenskaplike vriende ontmoet het nie.

Graham (29) en Gerda Hansen (24) is reeds verloof en alhoewel hulle al op ’n troudatum besluit het, wou hy glad nie die aap uit die mou laat nie.

Lombard, wat saam met sy pa op ’n plaas buite Cradock boer, beskryf Hansen as ’n pragtige vrou wat mense aantrek met haar mooi glimlag. Hy sê sy waardeer die mooi dinge in die lewe en laat ’n mens goed voel oor jouself.

“Ek dink Gerda gaan baie maklik aanpas in die Karoo. Sy geniet die kleiner gemeenskap en Cradock se gasvryheid,” sê Graham met ’n vonkel in sy oë.

“Sy het ook op ’n plaas in Limpopo grootgeword en verstaan hoe dinge op ’n plaas werk en waar alles bymekaar inpas.

“Sy is ook baie kreatief en kan van niks af iets baie moois maak.”

Graham sê hy moes twee keer Pretoria toe ry om ouers te vra.

Die eerste keer was in November, maar toe hy daar aanland moes hy tot sy groot teleurstelling uitvind dat Hansen se pa, ’n veearts, dringend Kenia toe moes gaan vir werk.

“Ek is toe maar druipstert terug Cradock toe en moes toe maar geduldig wag vir die volgende geleentheid met Kersfees, wat ek kon wegglip van die plaas en sy verpligtinge”.

“Ek het Gerda op die plaas gevra om te trou. Sy het niks verwag nie en was skoon uit die veld geslaan toe ek, ‘op pad na vriende om te gaan braai’, skielik afdraai om na veewater in ’n krip te gaan kyk.

“Dit was eers toe ek daar ’n piekniekkombers, sjampanje en ’n bos rose uithaal dat sy besef het maar hier is mos nou iets aan die broei.

“Gerda gaan ná ons troue by my op die plaas Dagbreek intrek. Ons is baie opgewonde hieroor en beplan al aan die tuin en groentetuin.

Gerda het haar eie grafiese ontwerp-besigheid. Haar fokus is spesifiek troues.

Sy het onlangs reeds ingeval om saam met Karoo Wedding Flowers se mense met die blomrangskikkings vir troues op Blomfontein, ’n trou venue in die distrik, te help.

“My ma, Celeste, doen gewoonlik die spysniering vir troues op Blomfontein,” sê Graham.

Gerda Hansen en Graham Lombard gaan trou.
besig om te laai... Regstreeks
Leinster 0
Munster 0
besig om te laai... Regstreeks
Edinburgh 13
Glasgow Warriors 6
Rand - Dollar
15.77
+0.7%
Rand - Pond
19.69
+0.5%
Rand - Euro
16.65
+0.5%
Rand - Aus dollar
11.10
+0.6%
Rand - Jen
0.12
+0.5%
Goud
1,846.66
0.0%
Silwer
21.76
0.0%
Palladium
1,970.00
0.0%
Platinum
958.50
0.0%
Brent-ruolie
112.55
+0.5%
Top-40
61,000
-1.2%
Alle aandele
67,575
-1.0%
Hulpbronne 10
72,529
+1.6%
Industriële 25
72,948
-3.9%
Finansiële 15
15,746
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos