.

Koraal van prag en praal

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister

REISIGERS wat die afgelope twee weke die karoopaaie aangedurf het, is beloon met ’n asemrowende gesig van plate rooi blomme aan die some van rantjies en hoofweë.

Dié inheemse koraalaalwyne be-klee die Karoo soos ’n regte “Lady in red” en staan ook bekend as die Vaalblaaraalwyn, Gladdeblaaraalwyn, Blouaalwyn of Makaalwyn en word algemeen in die Suid- en Oos-Kaap aangetref.

Die wetenskaplike naam Aloe Striata verwys na die langwerpige are op die blougroen blare van die plant.

Vir die besige tuinier is dié aalwyn ’n ware staatmaker, want die stewige vetplant is immergroen, meerjarig, droogtebestand, en kan aanpas in ‘n omgewing wat wissel van seevlak tot so hoog as 2 100m bo seespieël.

Koraalaalwyne floreer in goed-gedreineerde grond en kan selfs souterige toestande verdra. Hier in die Oos-Kaap groei die Koraalaalwyn veral in welige plate op grondsoorte wat voorkom op gesteentes van die Ripon Formasie van die Ecca Groep. Hierdie skalies is deel van ‘n oerseebed wat sowat 320 miljoen jaar gelede tussen Cradock en Olifantskop bestaan het.

As jy gedurende die laatwinter en vroeë lente met ’n ontploffing van rooi in jou tuin wil spog, plant Koraalaalwyn in groepe of alleen in ‘n pot. Hou maar ‘n tuinbankie gerieflik naby sodat jy nektarliewende insekte en voëls soos suikerbekkies kan dophou wanneer hulle by dié deurryrestaurant kom aandoen.

Koraalaalwynblare sal blouer vertoon in skaduryke hoekies, en pienker as dit in volson groei. Vir omgewingsbewustes is dit ook die ideale potplant om ‘n kantoor in ‘n “groen” spasie te omskep. Om die pienk blaarrande te aksentueer, plant dit in ‘n pienk of rooi pot wat genoeg spasie bied - die plant word sowat 45cm hoog en 60cm breed.

Anders as ander aalwyne is Koraalaalwyne tuiniershande ge-nadig, want die blare spog met gladde pienk rande sonder tande!

besig om te laai... Regstreeks
Oman 51/3
Scotland 0
besig om te laai... Regstreeks
Knights 127/7
North West 32/0
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.47
-1.2%
Rand - Pond
19.99
-1.2%
Rand - Euro
16.85
-1.2%
Rand - Aus dollar
10.85
-0.9%
Rand - Jen
0.13
-1.7%
Goud
1,780.44
-0.2%
Silwer
24.18
-0.7%
Palladium
1,999.78
-3.4%
Platinum
1,049.32
-0.4%
Brent-ruolie
85.82
+0.9%
Top-40
59,674
-1.3%
Alle aandele
66,189
-1.2%
Hulpbronne 10
61,545
-2.6%
Industriële 25
85,379
-0.1%
Finansiële 15
13,931
-1.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos