.

Meer as 300 roeiers reeds ingeskryf vir Visrivier-kanomarathon

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister

Reëlings vir vanjaar se Visrivier-kanomarathon oor die naweek van 8 en 9 Oktober is goed op dreef en 340 roeiers het tot dusver aangedui dat hulle gereed maak om die tweedaagse roeiwestryd oor 83 kilometer op die Groot Visrivier by Cradock te kom aandurf.

Groot belangstelling heers vanjaar in die afdeling vir K2-bote, aangesien die Suid-Afrikaanse K2-kampioenskappe by hierdie geleentheid beslis sal word.

In hierdie afdeling word baie verwag van Hank McGregor wat goed bekend is met die Vis se berugte Keith’s Flyover, verskeie laagwaterbruggies en keerwalle. Hy gaan vanjaar saam met Hamish Lovemore roei.

Volgens die organiseerders kan McGregor en Lovemore sterk kompetisie verwag van Clint Cook en Wayne Jacobs, Jacques Theron en Brendon van der Walt, Murray Starr en Steward Little en andere.

In die dames-afdeling word verwag dat Jenna Nisbet (voorheen Ward) en haar roeimaat, Saskia Hockly, wat nog 'n junior roeier is, tussen die eerste drie bote oor die wenstreep sal wees. 

Spanne soos dié van Jordan Peek en Pippa McGregor en Bridget Hartley en Christie McKenzie behoort kort op hul hakke te wees.

'n Totaal van 42 roeiers in K1’s het reeds ingeskryf, terwyl daar ook 12 van die lywige K3’s op die rivier te sien sal wees.

Internasionale roeiers van onder meer Spanje, Zambië, Australië en Portugal het reeds hul inskrywings bevestig.

Christie Mackenzie (voor) en Bridgitte Hartley gaan vanjaar aan die kanomarathon deelneem.

besig om te laai... Regstreeks
Oman 122/10
Scotland 5/0
besig om te laai... Regstreeks
Knights 127/7
North West 42/0
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.47
-1.2%
Rand - Pond
19.99
-1.2%
Rand - Euro
16.85
-1.2%
Rand - Aus dollar
10.85
-0.8%
Rand - Jen
0.13
-1.8%
Goud
1,780.25
-0.1%
Silwer
24.12
-0.8%
Palladium
1,999.53
-3.5%
Platinum
1,046.50
-0.6%
Brent-ruolie
85.82
+0.9%
Top-40
59,674
-1.4%
Alle aandele
66,189
-1.3%
Hulpbronne 10
61,545
-2.8%
Industriële 25
85,379
-0.1%
Finansiële 15
13,931
-1.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos