.

Plaaslike koskunstenaar deel haar wenresep

akkreditasie

ANNELISE Swart, ’n plaaslike gastehuiseienaar, het met Mid-Karoo Express se onlangse besoek haar resep vir wit- en donkersjokolademoussekoek gedeel.

Daar is vir haar niks lekkerder as om kos te maak nie. Haar baie volledige resepteboek, Kos sonder Grense, is al by die drukkers en gaan een van die dae sy plek op die winkelrakke inneem.

In dié boek verskyn al die resepte wat Swart deur die jare bymekaar gemaak het en ook ’n klompie wat sy self uitgedink het.

Wit- en donkersjokolademousse-koek

Lewer een groot koek

Donkersjokolademousse

Bestanddele

10 ml gelatien

30 ml water

3 eiers, geskei

500 ml room

300 g donkersjokolade, gesmelt en afgekoel tot kamertemperatuur

5 ml kitskoffiepoeier

10 ml water

Metode

  • Los die gelatien in kookwater op.
  • Klits die eierwitte baie styf.
  • Klits die room styf in ’n groot mengbak.
  • Vou die eierwitte stadig by die room in.
  • Roer stadig die sjokolade by, gevolg deur die eiergele (liggies geklits) en dan die gelatien-oplossing.
  • Los die koffie in die water op en roer dit ook stadig by.
  • Skep die sjokolademousse op die koekbasis in die pan en smeer die bokant gelyk met ’n roerspaan.
  • Plaas die pan in die vrieskas om ferm te word.

Witsjokolademousse

Bestanddele

10 ml gelatien

30 ml water

3 eiers, geskei

500 ml room

300 g witsjokolade, gesmelt en afgekoel tot kamertemperatuur

10 ml roomlikeur van jou keuse

10 ml water

Metode

  • Los die gelatien in kookwater op.
  • Klits die eierwitte baie styf.
  • Klits die room styf in groot mengbak.
  • Vou die eierwitte stadig by die room in.
  • Roer die sjokolade stadig en versigtig by, gevolg deur die eiergele (liggies geklits) en dan die gelatien-oplossing.
  • Roer die likeur stadig en versigtig by.
  • Skep die witsjokolademousse in ’n aparte losboom-koekpan en maak die bokant gelyk met ’n roerspaan.
  • Plaas die koekpan in die vrieskas om ferm te word.

Bolaag

Bestanddele

250 ml room

30 ml botter

30 ml suiker

300 g donker sjokolade in stukkies gebreek

50 g witsjokolade, gesmelt

Glanskersies

Metode

  • Verhit die room, botter en suiker oor ’n lae hitte tot kookpunt.
  • Roer die mengsel totdat die suiker gesmelt is.
  • Voeg die donkersjokolade by en roer die mengsel tot dit glad is.
  • Verkoel die mengsel tot dit dik is, maar nog gegiet kan word.

Afronding

  • Ontvorm die donkersjokolade-laag met ’n skerp mes tussen die koek en die pan en maak dit los.
  • Plaas die koek op ’n dienbord.
  • Ontvorm die witsjokolade-laag op dieselfde manier en plaas dit bo-op die donkersjokolade-laag.
  • Maak seker die rande pas op mekaar.
  • Doop ’n mes in kookwater en smeer die rand glad.
  • Skep die bolaag bo-oor en versier dit met strepies sjokolade en kersies
besig om te laai... Regstreeks
Namibia 0
Netherlands 0/0
besig om te laai... Regstreeks
Dolphins 5/1
Warriors 127/9
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.55
+0.2%
Rand - Pond
20.05
+0.3%
Rand - Euro
16.92
+0.3%
Rand - Aus dollar
10.90
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Goud
1,778.76
+0.5%
Silwer
23.90
+1.1%
Palladium
2,106.00
-0.2%
Platinum
1,046.73
+0.4%
Brent-ruolie
85.08
+0.9%
Top-40
60,158
-0.5%
Alle aandele
66,727
-0.5%
Hulpbronne 10
62,801
-1.7%
Industriële 25
85,132
+0.2%
Finansiële 15
14,131
-0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos