.

Borskanker: Kenner gee raad om risiko te verminder

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Laat gereeld jou borste ondersoek.
Laat gereeld jou borste ondersoek.
Ter illustrasie. Foto: Getty Images/Gallo Images

Oktober is borskanker–bewusmakingsmaand regoor Suid–Afrika. Borskanker is ’n siekte waarmee die meeste mense al op een of ander manier te doen gehad het, hetsy deur ’n familielid of geliefde of vriendin of ’n kennis wat daardeur geraak is. Joané Azenha het met Alichia Van Zyl, ’n gekwalifiseerde stralingsterapeut met 18 jaar ondervinding in Suid-Afrika en Engeland in die behandeling van kanker gaan gesels om meer inligting oor hierdie belangrike kwessie te bekom. 

Volgens CANSA is borskanker die kankertipe wat die meeste by Suid–Afrikaanse vrouens voorkom, gevolg deur servikale kanker, kolorektale, uterus en longkankers onderskeildelik. Die grootste risikofaktor om borskanker te ontwikkel is jou geslag. Alhoewel mans ook borskanker kan ontwikkel, is dit 100 maal meer algemeen onder vrouens as onder mans.

Die tweede grootste risikofaktor is ouderdom. Risiko om borskanker te ontwikkel verhoog met ouderdom.

Derdens speel familiegeskiedenis ’n groot rol. Vrouens wat ’n eerste-graadse vroulike familielid (suster, ma of dogter) het wat die siekte het of gehad het se kanse om dit te ontwikkel is 50% hoër as normaalweg.

“Die grootste geskenk wat jy vir jouself kan gee is gereelde ondersoeke en ’n vroë diagnose. Vroue wie se borskanker vroeg gediagnoseer is het ’n 93% op vyf jaar siektevrye oorlewing,” aldus Van Zyl.

Verdere maatreëls om risiko te verminder sluit in:

  • Gereelde fisiese oefening – Studies het getoon dat matige tot hewige oefening die risiko van borskanker 30–40% kan verminder. Probeer dus 30 minute vier keer per week oefen.
  • ’n Gesonde gewigbeheerprogram – Vermy kosse met ’n hoë suiker- en vetinhoud.
  • Hou op rook – Die kans om kanker te ontwikkel by rokers is ongeveer ses keer hoër as dié van nie-rokers.
  • Alkoholgebruik – In vergelyking met vrouens wat geen alkohol gebruik nie is die risiko vir vrouens wat slegs drie alkoholiese drankies per week gebruik 15% hoër.

Dit word aanbeveel dat vroue ’n basislyn mammogram tussen 35 tot 40 jaaar ondergaan.

Vanaf ouderdom 40 moet vrouens maandeliks selfondersoek doen en elke twee jaar ’n mammogram laat doen. Vrouens 50 jaar en ouer moet jaarlikse mammogramme laat doen.

“Daar is ’n wanpersepsie dat die lae-energie x-strale wat tydens mammogramme gebruik word, kanker veroorsaak.

“Die voordeel van ’n mammogram en vroegtydige diagnose is baie meer as die geringe dosis bestraling wat van ’n mammogram verkry word.”

Ongeveer 50% van knoppe in die borste kan aan ander toestande as kanker toegeskryf word. Dit is dus baie belangrik om jou dokter te raadpleeg indien jy enige onsekerheid ervaar.

“Die voorkoms van kanker in vroue jonger as 40 het oor die laaste 10 jaar merkbaar toegeneem.

“Alhoewel ouderdom as risikofaktor ge-noem word, is niemand is dus gevrywaar van ’n kankerdiagnose nie. Daar is geen rede om angstig te wees voor ’n borsondersoek nie.

“Mediese personeel dra altyd die pasiënt se belange op die hart en doen alles in hul vermoë om die pasiënt op hulle gemak te laat voel. Doen die regte ding en stel jou gesondheid eerste.”

Alichia van Zyl is ’n gekwalifiseerde stralingsterapeut met 18 jaar ondervinding in Suid–Afrika en Engeland in die behandeling van kanker.

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
15.04
-1.4%
Rand - Pond
20.67
-1.3%
Rand - Euro
17.44
-1.5%
Rand - Aus dollar
11.30
-1.7%
Rand - Jen
0.13
-1.8%
Goud
1,797.17
+0.2%
Silwer
24.08
-0.3%
Palladium
1,961.53
-2.4%
Platinum
1,013.50
-1.8%
Brent-ruolie
86.40
+0.5%
Top-40
60,874
-0.3%
Alle aandele
67,475
-0.2%
Hulpbronne 10
63,082
-0.9%
Industriële 25
87,253
+0.1%
Finansiële 15
14,054
+0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos