.

VERONICA VERTEL | Die opwinding van ’n nuwe dagboek

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto ter illustrasie.
Foto ter illustrasie.
Foto: Pixabay

Die splinternuwe dagboek van 2023 lê vol belofte voor my. Sorgvuldig skryf ek verjaarsdae en herdenkings oor uit die ou dagboek. Van die vriende is laas jaar oorlede, en nou moet ek ’n sterfdagdatum aanteken.

Ek skryf weer passwords en kodes neer, en omkring die vakansiedae en ook Valentynsdag. Daar is reeds ’n paar afsprake in die weke wat voorlê wat aangeteken is.

Onthou-dinge is ingeskryf soos wanneer om lisensies te hernieu en om doktersafsprake te maak.

Elke skoon bladsy hou ’n soort opwinding in, die beskikbare tyd lê daar!

Dis nou my keuse wat ek daar gaan inskryf en hoe ek die dag gaan benut.

Wie weet … dalk gaan daar nog ’n droomreis oorsee wees, of dalk ’n musiekfees, ’n bootreis, ’n kunstefees, vakansie by familie in die Kaap, feesvierings, staptogte of net kuiers met kosbare pêlle en familie.

In 1989 was my dagboek as koerantverslaggewer tjok en blok met afsprake vir stories of om foto’s te gaan neem. Daar was kwalik tyd vir myself.

En eensklaps, in ’n oogwink, is al die af-sprake daarmee heen. ’n Dronk man het aan die verkeerde kant van die hoofweg in ons vasgery.

Al vyf is ernstig beseer, ek is bewusteloos vir weke en my dogtertjie van 22 maande is oorlede.

Skielik verander die inskrywings in die dagboek na operasiedatums, fisio-afsprake, begrafnisdinge en hartseerdae.

My liewe vriendin Anita het ’n dagboek vol afsprake gehad met uitgewers, planne-tjies vir Kerstyd met die familie en vakansies.

Een somersdag verander alles in ’n kits en sy bevind haar in die hospitaal met bors-kanker.

Wie weet wat vir ons voorlê in die nuwe jaar?

Ons moet boekhou van beurtkrag en waterbeskikbaarheidstye. Kinders se programme en ander verpligtinge. Afsprake wat lank reeds beplan is wek ’n soort opgewondenheid.

Maar wie sê ons gaan dit maak?

Ons het egter ’n hele jaar om na uit te sien. Ons kan elke dag pluk en die beste daarvan maak.

Met positiewe denke en uitkyk, kan ons die lekkertes aantrek, en die slegtes beter hanteer.

As ek so luister na almal se nuwejaarsvoornemes, dan besef ek daar was al hoeveel voornemes van my wat gesneuwel het.

Ek gaan vanjaar net die beste maak van elke liewe dag. Om in die oomblik te leef en my net te omring met positiewe mense. Daar is geen nodigheid om groot besluite te neem of groot uitsprake te lewer nie.

Sorg net vir goeie intensies en vat elke dag soos dit kom.

As jy aan die einde van die jaar terugkyk in die dagboek, sal jy sien watter wonderlike sonskyndae daar was.

besig om te laai... Regstreeks
India 0
Australia 56/2
Rand - Dollar
17.72
+0.2%
Rand - Pond
21.42
+0.1%
Rand - Euro
19.02
+0.0%
Rand - Aus dollar
12.32
-0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Platinum
975.43
-1.1%
Palladium
1,658.90
+0.3%
Goud
1,879.57
+0.2%
Silwer
22.42
+0.5%
Brent-ruolie
85.09
+1.7%
Top-40
73,968
0.0%
Alle aandele
79,976
0.0%
Hulpbronne 10
74,722
0.0%
Industriële 25
103,851
0.0%
Finansiële 15
16,339
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos