.

Gholftoernooi ’n hupstoot vir die Oos-Kaap

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Jeff Clause (Hoof van Vermaak van St Francis Links) maak hier vir Solethu Lucas (Verteenwoordiger van die Sarah Baartman Distrik-munisipaliteit) so bietjie touwys tydens sy eerste gholfles.
Jeff Clause (Hoof van Vermaak van St Francis Links) maak hier vir Solethu Lucas (Verteenwoordiger van die Sarah Baartman Distrik-munisipaliteit) so bietjie touwys tydens sy eerste gholfles.
Foto: Willemien Green

Gholf-entoesiaste in die Oos-Kaap kan hulle regmaak om in November vanjaar van die beste gholfspelers in die land in aksie te sien.

Die PGA Kampioenskapstoernooi sal van 3 tot 6 November 2022 by die St Francis Links-gholfbaan deur die Oos-Kaapse Parke en Toerisme-agentskap aangebied word.

Toeskouers kon egter nie verlede jaar dié prestige toernooi bywoon nie, omdat die COVID-19-pandemie ’n stokkie daarvoor gesteek het.

“Maar vanjaar is alle toeskouers welkom om die deelnemers te ondersteun, jonk en oud sal met ope arms verwelkom word,” sê Jeff Clause, Hoof van Vermaak by St. Francis Links.

“Ons personeel is toegewyd om weer eens dié toernooi na die beste van ons vermoë aan te bied. Dit is ook nie net gholfentoesiaste wat die gholfbaan sal kan waar-deer nie.” “Die hele gholfbaan skakel asemrowend mooi met die natuurlike omgewing in. Dit is enige natuurliefhebber se droom.”

“Tydens die wedstryd sal daar natuurlik ook wêreldwyd televisie-uitsendings wees wat uitstekende vir blootstelling vir die Oos-Kaap is.”

“Ek het na verlede jaar se toernooi oproepe van Kroasië tot Kanada en van Engeland tot Australië gekry van mense wat die toernooi op televisie gevolg het en wat graag hier sou wou kom speel en vakansie hou.”

“Natuurlik is dit ook ’n ekonomiese inspuiting vir ons direkte omgewing se restaurante, verskeie toeriste-attraksies en gastehuise.”

Dean Burmeister het verlede jaar dié toernooi, wat vanjaar vir die 87ste keer aangebied word, gewen.

“Hy was geweldig trots daarop dat sy naam op dié prestige trofee aangebring sou word. Ek hoop dat hy vanjaar terug sal wees om sy titel te verdedig,” sê Jeff.

“Dit was eintlik ’n baie emosionele oorwinning. Omdat daar geen toeskouers was nie het die baanpersoneel met die laaste vierbal op die 18de putjie in ’n groep in die agtergrond te voorskyn gekom.

“Ek glo dat die toeskouers vanjaar net so hartlik in die wenner en sommer al die spelers se vreugde sal kan deel!”

Ivano Ficalbi, die PGA Kampioenskap se hoofbeampte, sê hy hoop om verskeie top-spelers na die toernooi te lok.

“Die Nedbank Uitdaagtoernooi vind net ’n week later by Sun City plaas, so ons hoop dat van die top spelers eers in St Francisbaai sal kom speel,” sê hy.

Volgens hom sal ’n veld van 156 spelers toegelaat word om in die Kampioenskap te speel.

“Soos die week vorder sal die spelers, soos gewoonlik, uitgedun word,” sê hy.

’n Totale prysgeld van meer as R1.2 miljoen sal op die spel wees.

Behalwe vir die gholf, sal besoekers gedurende die week van die toernooi ook in die aande top vermaak by die Links se groot klubhuis kan geniet.

Meer besonderhede oor watter kunstenaars gaan optree, sal later bekend gemaak word.

Ficalbi sê ook dat die plaaslike gemeenskap hopelik baie voordeel uit die toernooi sal kan trek.

“Die idee is dat plaaslike werkers en produkte so ver moontlik ingespan en gebruik sal word,” sê hy.

Die PGA het ook aangekondig dat hy ’n drie-jaar studiebeurs ter waarde van R78 000 aan die 29-jarige Nazeem Goeda van Humansdorp toegeken het. Goeda sal as deel van sy program by St Francis Links as ’n PGA-verteenwoordiger werk.

Besoek www.pgachampionship.co.za of skakel Jimmy Headbush, die toernooi se promotor by 072 201 6513 vir meer inligting.

Ivano Ficalbi, Uitvoerende Hoof van die PGA van S.A.

Rand - Dollar
16.20
+0.3%
Rand - Pond
19.66
+0.8%
Rand - Euro
16.62
+0.9%
Rand - Aus dollar
11.54
-0.0%
Rand - Jen
0.12
+0.6%
Goud
1,800.50
+0.6%
Silwer
20.80
+2.4%
Palladium
2,224.00
-2.9%
Platinum
966.20
+0.5%
Brent-ruolie
99.60
+2.2%
Top-40
63,996
-1.0%
Alle aandele
70,731
-0.8%
Hulpbronne 10
64,048
-2.8%
Industriële 25
86,577
-0.6%
Finansiële 15
16,059
+0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos