.

Jourin Jacobs van Humansdorp se moordenaar eindelik straf opgelê

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Geregtigheid het eindelik geseëvier in die bykans drie-jaar-lange hofsaak waarin die moordenaar van Jourin (Cardo) Jacobs (23) vir die daad gestraf is in die Humansdorpse Landdroshof verlede week.

Jacobs se familie, veral sy ma Sarie, is baie verlig dat Shaundray (alias Shauna) Le Grange skuldig bevind is.

Sarie het aan Kouga Express gesê dat haar seun glad nie by enige bendebedrywighede betrokke was nie en het vir sy rugby en brigade geleef. Verder het sy genoem dat sedert die moord op haar seun op 5 Oktober 2019 sy slape-lose nagte gehad het en gewroeg het oor waarom en wie haar seun doodgeskiet het.

“Hy was in die vroeë oggendure daai dag sonder enige rede deur ’n bloeddorstige maniak geskiet,” het sy vol emosie gesê.

“Ek sal nooit weer my seun sien nie, nooit weer sy glimlag en pragtige geaardheid weer ervaar nie.”

Le Grange is op 15 Oktober, presies tien dae nadat Jacobs geskiet was, deur intensiewe ondersoekwerk deur die polisie in Gqeberha naby Shauderville aangekeer en hy is positief verbind met die moord.

Die hof het bevind dat hy vir Jacobs van agter deur die kop geskiet het wat tot sy dood gelei het. In sy heel eerste hofverskyning in die Landdroshof het Le Grange destyds genoem dat hy ook teregstaan op klagtes van openbare geweld op Hankey toe wetstoepassers hom aangekeer en aangekla het in ’n vroeëre voorval.

Die landdros het Le Grange soos volg gestraf; klagte een (moord) - dertien jaar; klagte twee (onwettige besit van vuurwapen) - twee jaar en klagte drie (onwettige besit van ammunisie) - een jaar. Hy is dus 16 jaar direkte tronkstraf opgelê vir die misdaad.

Wat die Hankey voorval betref moet hy nog deur die Hankey hof gestraf word.

Wyle Jourin Jacobs.

besig om te laai... Regstreeks
South Africa A 297/10 & 212/10
India A 276/10 & 28/2
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
15.92
+0.1%
Rand - Pond
21.12
+0.3%
Rand - Euro
18.01
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.24
+0.5%
Rand - Jen
0.14
+0.2%
Goud
1,771.74
+0.2%
Silwer
22.31
-0.3%
Palladium
1,814.94
+1.7%
Platinum
942.50
+0.2%
Brent-ruolie
69.67
+1.2%
Top-40
64,668
+0.2%
Alle aandele
71,154
+0.2%
Hulpbronne 10
67,420
-0.2%
Industriële 25
93,845
+0.2%
Finansiële 15
14,012
+0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos