.
Deel

Patensie-sitrusboer is nommereen-judo-veteraan in die land

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Marthinus Colesky, die judo meester van Patensie.Foto:VERSKAF
Marthinus Colesky, die judo meester van Patensie.Foto:VERSKAF

Die 51-jarige sitrusboer van Patensie Marthinus Colesky is volgens die nasionale ranglys nou die nommereen-judo-veteraan in die land.

Dié prestasie het hy behaal tydens ’n judo-kompetisie in Pretoria waar hy in die o.100 kg-gewigsgroep van 50- tot 55-jariges deelgeneem het.

Nou gaan Colesky aan die Suid Afrikaanse kampioenskappe deelneem en as hy daar kwalifiseer, sal hy in Augustus aan die Statebondspele kan deelneem.

Colesky was in 2008 ’n wenner by die Statebondspele. Hy beoefen die afgelope 40 jaar judo.

Fiksheid

“Een ding is seker, jy moet baie fiks wees en jou maagspiere moet sterk wees anders kry jy seer. Ek roei, oefen by die Edge Gimnasium op Jeffreysbaai en rig self ook judo af. As jy nie fiks is nie, gaan jy seerkry,” sê Colesky.

“Behalwe vir neusbeserings, my ribbes en sleutelbeen wat al gebreek is, het ek nog nie ernstige beserings opgedoen nie.

“Die jong outjies van so in hul twintigs hou daarvan om teen my te baklei en hulle hou nie terug nie. Dit help my om spoed te hou. Hulle put uit my ervaring en ek kan vir hulle tegnieke leer.”

“Judo is baie goed vir dissipline, gesondheid en om jou massa stabiel te hou.”

Afrig

Marthinus Colesky, wat natuurlik ’n swart belt in judo het, rig al 26 jaar lank dié sport by die Patensie Judo Klub af.

“Daar is op die oomblik 33 seuns en meisies. Ons het al baie nasionale medaljes vir die klub gewen.”

“As oud-onderwyser is dit vir my regtig baie lekker om met die kinders te werk en hulle af te rig.

“Een van die kinders wat ek sedert hy vyf jaar oud was afrig, Jac Pasques (25), het verlede jaar aan die Kurash wêreldkampioenskappe in Indië deelgeneem. Hy het vroeër ’n brons medalje gekry by die Afrika kampioenskppe.

“Dit maak my baie trots om te dink ’n outjie van die platteland kon so ver kom!”

Prestasies

Colesky het aan meer as 20 Suid- Afrikaanse kampioenskappe deelgeneem. Hy was ook deel van die span wat sesde by die Amerikaanse Ope in 1997 geëindig het. Colesky neem ook deel aan die sport Kurash en het aan die nasionale kampioenskappe en Afrika Spele deelgeneem.

“Dis soortgelyk aan judo, maar daar word nie op die grond baklei nie.”

“Dis altyd lekker om by nasionale kampioenskappe ou pêlle te sien. Op die mat baklei ons verbete, maar van die mat af is ons groot vriende,” sê Colesky.

Colesky se seuns Pieter en Braam het beide op provinsiale vlak in judo presteer.

heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Rand - Dollar
18.34
-0.9%
Rand - Pond
22.51
-1.2%
Rand - Euro
19.78
-0.9%
Rand - Aus dollar
12.18
-0.7%
Rand - Jen
0.14
-0.0%
Platinum
972.95
+0.5%
Palladium
1,405.88
+0.4%
Goud
1,955.01
-1.2%
Silwer
22.98
-1.1%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,785
+0.9%
Alle aandele
75,284
+0.8%
Hulpbronne 10
64,924
+1.0%
Industriële 25
102,191
+0.6%
Finansiële 15
15,417
+1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos