.

‘Ontvoering’ van onderwysers lei tot groot pret in die Gamtoosvallei

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die graad 7-klas het die skoolhoof, Christelle McCabe en graad 7 klasonderwyser, Junior Coetzer ‘ontvoer’ en ’n ‘losprys’ geëis ten bate van hul klasafskeid.
Die graad 7-klas het die skoolhoof, Christelle McCabe en graad 7 klasonderwyser, Junior Coetzer ‘ontvoer’ en ’n ‘losprys’ geëis ten bate van hul klasafskeid.
Foto: Verskaf

’n Onverwagse, maar prettige gebeurtenis het Vrydag in die Gamtoosvallei afgespeel.

Wat ’n standaard brandplan ontruimingsoefening by die Laerskool Gamtoosvallei moes wees, het uitgedraai in die (veilige) ontvoering van die skoolhoof, Christelle McCabe en graad 7 klasonderwyser, Junior Coetzer.

Die graad 7-klas het vooraf beplan om tydens hierdie oefening ’n paar klappers en rookbomme uit te ruk en die dag op sy kop te draai, alles ten bate van hulle graad 7 fonds.

Twee graad 7 leerders, aangetrek in kamoefleerdrag, het ingekom en die twee onderwysers geneem na die voertuig wat buite wag.

Daarna is hulle na ’n geheime bestemming geneem, terwyl die klas ’n losprysnota aan die vallei gestuur het, vir hul veilige terugkeer.

Die graad 7-klas het ook gaan rondtes doen in die dorp, aan almal die nuus vertel en het uiteindelik die losprysbedrag en méér ingesamel.

Dit was met groot opgewondenheid dat die onderwysers weer teen eerste pouse veilig afgelaai is by die skool.

Die graad 7-klas het ook beheer geneem van die klok en het besluit pouse is Vrydag sommer ’n hele uur lank! Hulle het hulle roete afgesluit by Padlangs met ’n heerlike koeldrank.

Die klas bedank die Gamtoosvallei se mense vir hulle gewillige donasies, wat hulle gaan gebruik vir die graad 7 afskeid wat ná die eksamen plaasvind.

Die onderwysers was teen eerste pouse weer veilig afgelaai by die skool.

Rand - Dollar
17.14
-0.2%
Rand - Pond
20.65
+0.4%
Rand - Euro
17.75
+0.4%
Rand - Aus dollar
11.46
+0.7%
Rand - Jen
0.12
-0.4%
Goud
1,749.85
-0.5%
Silwer
21.17
-1.3%
Palladium
1,852.71
-0.2%
Platinum
978.27
-0.6%
Brent-ruolie
83.63
-2.0%
Top-40
66,754
0.0%
Alle aandele
73,151
0.0%
Hulpbronne 10
71,441
0.0%
Industriële 25
87,347
0.0%
Finansiële 15
16,370
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos