.

Sitruskursus aangebied vir leerders vanaf 2023

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die Sitrus-akademie bied nou, in samewerking met die Hoërskool Nico Malan op Humansdorp, ’n aanlyn-sitruskursus aan.
Die Sitrus-akademie bied nou, in samewerking met die Hoërskool Nico Malan op Humansdorp, ’n aanlyn-sitruskursus aan.
Foto: Verskaf

Daar is ’n groeiende behoefte aan opleiding vir jongmense wat die sitrusbedryf wil betree, veral in die Oos-Kaap, wat een van die grootste sitrus-uitvoerstreke in die land is.

Suid-Afrika is die grootste sitrusuit- voerder ter wêreld, en die grootste in die suidelike halfrond, met ’n jaarlikse uit- voerinkomste van sowat R130 miljard.

Sitrus-akademie en skool werk saam

Die Sitrus-akademie bied nou in samewerking met die Hoërskool Nico Malan op Humansdorp, ’n aanlyn-sitruskursus aan wat by die skool gedoen word.

Jacomien de Klerk van die Sitrus-akademie sê die program bestaan uit modules wat alle aspekte van sitrusproduksie dek. Dit sluit tegniese kennis en vaardighede, asook finansiële en administratiewe bestuur in.

Sy verduidelik dat die programinhoud op die Sitrus-akademie se e-opleidings-platform beskikbaar is. Dit word dan aangebied in samewerking met ’n hoërskool in ’n sitrusproduksiestreek, soos die Hoërskool Nico Malan.

“Die skool werf die leerlinge en maak ’n lokaal, rekenaars en ’n fasiliteerder be-skikbaar, en reël die praktiese werk wat gedoen moet word,” sê De Klerk.

Die skool kontrakteer ’n plaaslike diensverskaffer om die assesering vir die program te doen.

Leerders sal ’n NQF2 sertifikaat in plantproduksie verwerf na die voltooiing van die kursus.

Kursus begin in 2023

Die kursus, wat oor twee jaar strek, word aanbeveel vir leerders in Graad 10 en 11. Dit bestaan uit 24 weeklikse modules per jaar, wat oor vier kwartale verprei word.

Die kursus, wat ook by die Hoërskool Kirkwood beskikbaar sal wees, word aan die begin van 2023 geloods.

“Ons is dankbaar vir kundige boere in die omgewing wat gewillig is om betrokke te wees by die praktiese deel van die kursus.

“Ons sal egter bly wees as nóg boere aanbied om jongmense die kans te gee om hulle praktiese opleiding te doen,” sê Hanko Smit, onderwyser by die Hoërskool Nico Malan.

Die Hoërskool Nico Malan bied reeds ’n aanlynkursus in melkboerdery aan wat leerders voorberei vir ’n beroep in dié be-dryf.

  • Vir meer inigting oor die koste van die kursus kan Hanko Smit by die Hoërskool Nico Malan gekontak word by 078 249 0825 of hankosmit@gmail.com. Meer inligting is ook beskikbaar op die webwerf van die Sitrus-akademie by www.citrusacademy.org.za
Rand - Dollar
17.12
-0.1%
Rand - Pond
20.65
+0.4%
Rand - Euro
17.74
+0.5%
Rand - Aus dollar
11.46
+0.7%
Rand - Jen
0.12
-0.3%
Goud
1,751.16
-0.4%
Silwer
21.23
-1.1%
Palladium
1,853.36
-0.2%
Platinum
978.50
-0.6%
Brent-ruolie
83.63
-2.0%
Top-40
66,754
0.0%
Alle aandele
73,151
0.0%
Hulpbronne 10
71,441
0.0%
Industriële 25
87,347
0.0%
Finansiële 15
16,370
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos