.

Vandale maak amok – kweek eerder trots!

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Sement kegels is omgeskop.
Sement kegels is omgeskop.
Foto: Verskaf

Lede van die Dorp van Drome is moedeloos oor die toename in vandalisme by van die projekte wat hulle al voltooi het om Jeffreysbaai mooi te maak.

“Dis absoluut onstellend om te sien hoe jong mense die plekke verniel. By ’n lieflike plek in Seetuinweg is die beelde gebreek en die plante verwoes,” sê Soria Swart van Dorp van Drome

“Ons doen ’n ernstige beroep op ons inwoners en veral jongmense om die plekke op te pas en te waardeer.

“Ons wil juis die dorp verfraai sodat almal dit kan geniet om in ’n lieflike plek te woon.

“Ons moet hande vat om die minderheid wat vernielsugtig is vas te vat. Maar beter nog, ons moet dit voorkom,” pleit Swart.

Dis ook veral die park op die hoek van Poplar- en Mimosastrate wat die afgelope maande deurloop – meestal laatnag.

Lloyd Smit het goedgunstig op eie koste en tyd die park verfraai.

Maar nou lê daar stukkende plante en bankies rond.

“Een van die sementbankies is opgelig en teen ’n rots stukkend gegooi. Ek kan sien hoe opgeskote kinders met stokke die plante stukkend slaan, potte omstamp, die swaaie knoop en van die sement kegels omskop,” sê Smit kopskuddend.

“Die plek is juis mooi gemaak sodat ons kinders in ’n groen omgewing, ’n parkomgewing kan grootword en dit te geniet – maar nie te vernietig nie.”

Deon Goosen, wat ook al baie ure ingesit het om aan verskillende projekte te werk, is ook ’n eiendomsagent.

“Ons ondervind dieselfde met ons advertensiebordjies. Dis gereeld omgeskop, in die bosse gegooi, en die ysterrame word gesteel. Ek het al een jong man op heterdaad betrap, wat toe blitsig spore gemaak het.

“Daar word veral ’n beroep op ouers en opvoeders gedoen om die jongmense te leer om respek te hê vir openbare eiendom, vir die natuur. Dis noodsaaklik dat ’n gevoel van trots vir ons dorp by ons jeug gekweek word.”

Rand - Dollar
16.20
+0.3%
Rand - Pond
19.66
+0.8%
Rand - Euro
16.62
+0.9%
Rand - Aus dollar
11.54
-0.0%
Rand - Jen
0.12
+0.6%
Goud
1,800.50
+0.6%
Silwer
20.80
+2.4%
Palladium
2,224.00
-2.9%
Platinum
966.20
+0.5%
Brent-ruolie
99.60
+2.2%
Top-40
63,996
-1.0%
Alle aandele
70,731
-0.8%
Hulpbronne 10
64,048
-2.8%
Industriële 25
86,577
-0.6%
Finansiële 15
16,059
+0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos