.

VERONICA VERTEL | Vrouemaand: flop of verskil?

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Augustusmaand is Vrouemaand, en 9 Augustus is Vrouedag . . . ’n nasionale vakansiedag.

Die doel van Vrouemaand is om die gemeenskap bewus te maak van vroue se waarde, hul uitdagings en die rol wat hulle speel in die groter gemeenskap. Die vroue wat destyds saamgestaan het teen die diskriminerende wette teen vroue van kleur, word vereer.

Daar is talle vroue in die Suid Afrikaanse samelewing wat hulle merk gemaak het, sterk vroue, vroue wat goed gekwalifiseerd en leiers is. Dan ken ons almal weer vroue wat weerloos is, wat nie hul man kan staan nie, wat emosioneel en ekonomies afgeknou word.

Volgens navorsing word vroue oor die hele spektrum soms deur hul mans of lewensmaats fisies mishandel, of geld word van hulle weerhou, of hulle word so afgetakel dat hulle geen selfvertroue het nie.

In dié maand val die kollig ook op die groot aantal vroue, en kinders wat mishandel word, terwyl die sterk vroue besing word. Maar . . . is hierdie veldtog ’n flop of maak dit ’n verskil?

My geslags-aktivis vriendin, Lyn van Rooyen, verwag dat dit weer net ’n gepraat sal wees.

“Ons gaan weer ge-blah blah blah hoor, en nog blah blah terwyl agt vroue in Krugersdorp verkrag is, en nog meer blah blah terwyl drie vroue per dag deur hulle lewensmaats vermoor word.

“Dan sal ons verder blah blah. Dan sal die advertensiebedryf saam deelneem aan die veldtog, terwyl hulle die vroulike liggaam uitbuit om verkope te verhoog.

“Of almal sal verbaas wees as daar nog ’n tienjarige swanger raak weens ’n verkragting. Maar dis Vrouemaand, en ons moet gesien word waar ons blah blah, terwyl niks verander nie!”

Liewe vriend Andries Ebersohn meen vroue is die ruggraat van die samelewing en moet elke dag vereer word.

“Maar die ding van Vrouemaand en Vrouedag is betekenisloos en maak geen verskil nie. Dis eintlik ons gemeenskap wat siek is.”

Ook Janine Lee sê die meeste mense is te bly oor die ekstra vakansiedag.

“Dis totaal ’n mors van geld, en die regering kan die geld beter bestee aan sinvolle projekte.”

As ’n joernalis het ek al talle stories gedoen oor projekte en veldtogte, wat eindelik doodgeloop het. Waarvan daar net mooi dadels van gekom het. Ek hoor dikwels mense sê die feit dat vroue so ‘opgehemel’ word maak sekere mans eintlik net meer aggressief teenoor hulle.

Daar is ook dié wat meen dat mans ten minste ook ’n dag moet kry om erkenning te gee aan hulle rol in die samelewing . . .

Sou dit nie beter wees om ’n sinvolle veldtog van opvoeding van jongmense te bevorder nie? Om jong mans en vroue op te voed van skooldae af dat ons ménse, mekáár moet respekteer. Nie net mans wat vrouens moet respekteer nie, om kinders morele waardes te leer nie. Dat daar teen niémand gediskrimineer word nie – ongeag geslag, kleur, geloof of kultuur.

Ricus Meintjes sê: “Vroue is wonderlik. Ek is baie lief vir my ma en vrou. Ek oorlaai hulle met liefde. As dit maar net in elke huis so kon wees.”

Rand - Dollar
16.20
+0.3%
Rand - Pond
19.66
+0.8%
Rand - Euro
16.62
+0.9%
Rand - Aus dollar
11.54
-0.0%
Rand - Jen
0.12
+0.6%
Goud
1,800.50
+0.6%
Silwer
20.80
+2.4%
Palladium
2,224.00
-2.9%
Platinum
966.20
+0.5%
Brent-ruolie
99.60
+2.2%
Top-40
63,996
-1.0%
Alle aandele
70,731
-0.8%
Hulpbronne 10
64,048
-2.8%
Industriële 25
86,577
-0.6%
Finansiële 15
16,059
+0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos