.

'Die Here het 'n taxi gestuur'

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Phoebe Loff werk saam met haar span.
Phoebe Loff werk saam met haar span.
Foto: Charné Kemp

Dit is danksy Phoebe Loff se dissipline, betroubaarheid en toegewydheid dat die Sol Plaatje-munisipaliteit haar lof toeswaai en haar span gekontrakteer het om sekere gedeeltes in Kimberley skoon te maak. 

Net verlede week het die sypaadjie en eilande van Memorialweg en Du Toitspanweg weer nuwe lewe gekry. Thoko Riet, munisipale woordvoerder, sê hulle hoop hul werksverhouding met haar en haar span sal voortduur om Kimberley weer te laat skitter. 

“Sy is ’n kontrakwerker wat die munisipaliteit van die begin van die jaar aangestel het. Die span het ’n aansienlike verskil aan die beeld van die stad gemaak. 

“Dit is ’n plesier om te sien hoe sy haar span bestuur en motiveer. Hulle is hoogs gedissiplineerd en het ’n passie vir ’n skoon en netjiese omgewing.”

Phoebe’s Green Team is ’n geregistreerde niewinsgewende organisasie wat met ’n span van 24 algemene werkers die parke-afdeling met die skoonmaak- en verfraaiingsprogram bystaan. 

“Ons het ook ’n span van die uitgebreide openbare werke-program (EPWP) wat van die stadskern tot in Galeshewe werk. Maandae tot Vrydae werk hulle in twee skofte, die een begin om 06:00 tot 14:00 en die tweede skof werk van 14:30 tot 20:00. Die spesiale span werk net naweke en openbare vakansiedae van 08:00 tot 15:30 in die stadskern,” sê Riet.

Phoebe lag wanneer sy die Koningin van Kimberley, die kaptein van die span, antie, granny of ouma genoem word. Sy gee werk aan jong mense wat onafhanklik van drank en dwelms, en maatskaplike toelaes wil leef. 

“Dit is in my bloed om jong mense leiding te gee om vir hulself te sorg en trots op hul werk te wees. Ek leer jongmense van werksetiek en verantwoordelikheid. En ek hou van skoonmaak,” sê sy. 

Haar span moet haar reëls nakom. Geen leeglê, geskinder of baklei nie. Niemand mag met oorfone werk of plat lê tydens teetye of etenstye nie.

Sy het ’n kontrak tot Desember met die munisipaliteit om meestal die verkeerseilande en sypaadjies op die hoofroetes skoon te maak. Mense oorval haar vir werksgeleenthede. Daarom werk sowat 20 jongmense vrywillig saam met haar span in die hoop dat hulle werk kan kry.

Gelukkig gaan die departement van openbare werke en paaie hulle nou op ’n kontrak in diens neem, sê sy. Sy het in 2008 met skoonmaakprojekte begin om vrygelate misdadigers of mense wat onder korrektiewe toesig is ’n doel in die lewe te gee. Hulle het destyds vrywillig drie skoolterreine in Galeshewe skoonmaak. 

“Later het ek skoonmaakprojekte vir die EPWP-program gedoen, waarna ek ’n ruk tuis gebly het. In 2017 het ek my eie skoonmaak­projekte begin, want die stad was baie vuil. Met die eerste vergadering het ek 20 mense verwag, toe daag 50 op. Een van die voorwaardes was dat elkeen sy eie graaf of hark bring, en dat hulle stad toe loop. Gelukkig stuur die Here toe ’n kombi sodat ons kon ry.”

Sy het briewe by besighede afgegee en ondersteuning gevra en gekry. 

“Ná ’n ruk het die departement van natuurbewaring en die speaker by die wetgewer ons werk raakgesien en oorpakke en kontrakte gegee. Ek het geld by die Lotto (Nasionale Loterykommissie) gekry, en later die munisipaliteit.”

Johanna Mojale wat al sedert 2017 saam Loff werk, sê sy is trots op hul goeie werk om die stad skoon te maak.

Joy Modise en Miekie Jooste sê hulle kan vir hul kinders sorg, en klere, skoolgeld en vervoer betaal. 

Lizzie Seleho sê dit is lekker om nie doelloos by die huis te sit nie.

Eileen Phakathi voel sy is ’n beter mens omdat sy nie meer aan drank verslaaf is nie en huisverbeteringe met haar verdienste kon doen.

Phoebe
Phoebe Loff van Phoebe’s Green Team en haar werkers is deur die Sol Plaatje-munisipaliteit gekontrakteer om sekere ingangsroetes skoon te maak.

Rand - Dollar
16.20
+0.3%
Rand - Pond
19.66
+0.8%
Rand - Euro
16.62
+0.9%
Rand - Aus dollar
11.54
-0.0%
Rand - Jen
0.12
+0.6%
Goud
1,800.50
+0.6%
Silwer
20.80
+2.4%
Palladium
2,224.00
-2.9%
Platinum
966.20
+0.5%
Brent-ruolie
99.60
+2.2%
Top-40
63,996
-1.0%
Alle aandele
70,731
-0.8%
Hulpbronne 10
64,048
-2.8%
Industriële 25
86,577
-0.6%
Finansiële 15
16,059
+0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos