.

Inwoners wil deel in gesprekke oor Upington se inkomste, oorde

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Inwoners en belanghebbende partye op pad om ’n griefskrif aan die Dawid Kruiper-munisipaliteit te oorhandig om hul griewe te lug oor die bestuur van openbare ontspanningsgeriewe.
Inwoners en belanghebbende partye op pad om ’n griefskrif aan die Dawid Kruiper-munisipaliteit te oorhandig om hul griewe te lug oor die bestuur van openbare ontspanningsgeriewe.
Foto: Verskaf

Sowat 300 inwoners en lede van politieke partye en burgerregte organisasies het Donderdag 17 November ’n griefskrif aan die Dawid Kruiper-munisipaliteit oorhandig weens hul kommer oor die bestuur van ontspanningsoorde, bates en infrastruktuur.

Hulle eis dat die munisipaliteit hul belange in ag neem wanneer ontspanningsoorde verhuur of op tender geplaas of privaat verkoop word.

Dit volg op die raad en munisipaliteit se besluit om die vervalle Die Eiland-vakansieoord agter geslote deure aan ’n privaat entiteit te verhuur.

Die raad het ook ’n hangende uitsettingsbevel teen Sakkie Spangenberg en sy Oranjerivier Watersport-maatskappy wat Olivierpark al 25 jaar van die munisipaliteit huur. Die hof moet die datum van die uitsetting bepaal.

Spangenberg bedryf Sakkie se Arkie, ’n plesierboot op die Oranjerivier en piekniekoord met ’n swembad. Spangenberg het verbeteringe van meer as R1 miljoen aangebring.

Een inwoner sê dit is die enigste ontspanningsoord wat in werkende toestand is nadat Die Eiland, Rosepark, Reitzpark, Bellevue-oord, Gordonia-oord en Spitzkop ten gronde of verkoop is.

Die optoggangers eis ’n amptelike antwoord binne sewe dae van die burgemeester en munisipale bestuurder. In die griefskrif sê hulle Sakkie se Arkie is ’n “toerismejuweel” en het “legendariese status” wat ekonomiese ontwikkeling stu. Die jaarlikse Orange Descent-kanomarathon begin by Olivierpark.

Die inwoners beskuldig die munisipaliteit dat hulle weier om Sakkie se Arkie se waarde vir die dorp te erken en alles doen om daarvan ontslae te raak.

“Die munisipaliteit neem keer op keer besluite wat nie in die beste belang van Upington se mense is nie. Hul selektiewe gebruik van verskillende maniere om die oorde aan voorkeurontvangers toe te ken, blyk nadelig vir toeristeplekke te wees,” sê ’n inwoner.

Die inwoners eis dat die munisipaliteit privaat met Spangenberg onderhandel om Olivierpark aan te hou huur. Hulle sê indien Olivierpark per openbare tender verkoop sal dit moontlik nie aan Spangenberg toegeken word nie. Dit sal die einde van sy besigheid en hul ontspanningsgeriewe wees.

Die gemeenskap se belange is bo geldelike belang omdat dit die laaste ontspanningsoord in werkende toestand in Upington is.

Rand - Dollar
17.11
-0.0%
Rand - Pond
20.61
+0.6%
Rand - Euro
17.72
+0.6%
Rand - Aus dollar
11.44
+0.9%
Rand - Jen
0.12
-0.1%
Goud
1,749.91
-0.5%
Silwer
21.21
-1.2%
Palladium
1,848.35
-0.4%
Platinum
977.73
-0.6%
Brent-ruolie
83.63
-2.0%
Top-40
66,753
0.0%
Alle aandele
73,151
0.0%
Hulpbronne 10
71,441
0.0%
Industriële 25
87,347
0.0%
Finansiële 15
16,370
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos