.

Kuns 'n skeppende pad na heling

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Elsa
Elsa Holdsworth

Die kunsklasse wat Elsa Holdsworth van Kimberley aanbied, is veel meer as net ‘n handeling met ‘n verfkwas. In Holdsworth se klasse leer haar studente, wat veral volwasse vroue is, om hulself beter te leer ken.

“Ons beleef ook baie humor tydens die klasse; en ek leer my studente om kritiek te hanteer,” sê Holdsworth. Sy bied al 38 jaar kuns- en houtkerf-klasse aan. 

Holdsworth glo dat ‘n mens nooit te oud is om met ‘n kunsklas te begin nie, en dat elkeen wat wil, kan teken of skilder. Die oudste student wat sy al gehad het, was 85. Boonop glo sy aan die helende invloed van enige kunsvorm.

Alles wat skeppend is, is genesend.
Elsa Holdsworth

 Sy vertel van talle studente wat al langs die tafels in haar klaskamer gesit het, wat met een of ander saak geworstel het. Soos wat hul kunswerke gevorder het en hul talent ontwikkel het, het die worsteling minder of meer hanteerbaar geword. 

Soos die jong man wie erge beserings in ’n motorongeluk opgedoen het. Blokkie vir blokkie het hy kuns op materiaal geskep. Die blokkies is later aanmekaar gewerk en het deel van ’n duvetoortreksel geword.

So was daar meer as een vrou wat met ’n lae selfbeeld en ’n gevoel van verwerping met die kunsklasse begin het. “Dit is fantasties hoe dit verander,” sê Holdsworth. 

Nog ’n student was ’n vrou in die gesondheidsberoep en het daagliks met ernstig siek pasiënte gewerk. Dit het haar begin onderkry. Haar dokter het haar aanbeveel om iets skeppend te begin doen.

“Sy het later so goed geverf dat sy van haar werk verkoop het. Ek onthou nog haar eerste voltooide kunswerk – sy het al die pad tot by haar voertuig daarmee gedans,” herroep Holdsworth. 

Weens die helende invloed van die beoefening van kuns; die atmosfeer geskep deur kleurvolle kunswerke teen die mure, rakke met botteltjies verf en houers vol verfkwaste; strelende musiek in die agtergrond; en ’n gemoedelike atmosfeer tussen die studente, word gemoedere gelig. 

Haar studente begin hul klasse met die verf van ’n onderwerp wat hulle self gekies het. Lapverf en materiaal van 'n goeie gehalte, wat sy verskaf, word hiervoor gebruik. Later, sou die student dit verkies, word ander mediums ingespan. 

“Verf dit waarvan jy hou,” is Holdsworth se raad aan die beginners. Stap vir stap help sy haar studente deur die proses en gee deurentyd raad.

Gunsteling onderwerpe vir die vroue-studente is blomme, vrouefigure en plaastonele.

Holdsworth het op ’n plaas by Marydale grootgeword, en het later jare ook in die Hoopstad-omgewing gebly. Sy bly reeds vir 38 jaar in Kimberley.

Weens siektetoestande was 2020 vir haar baie uitdagend.

“Maar ek is nou oor dit”, vertel sy en beklemtoon dat sy ’n positiewe ingesteldheid aanhang.

Tuinmaak, en ook die uitleg van tuine, lê haar na aan die hart. Vroeër jare het sy talle tuine vir ander mense uitgelê en haar eie tuin in Kimberley is ’n lushof. Van die eerste kunsvorms wat sy beoefen het, was houtkerfwerk, waarin sy duidelik ’n meester is.

“Dit is vreeslik lekker as die beeld so uit die hout uit klim,” vertel sy en wys na van haar werke waar klassieke lyne byna ’n sagtheid in die hout vorm. Maar ná jare se kerfwerk het haar arm seer begin raak, en ’n dokter het rus van die stremmende werk aanbeveel. Sy het toe met verfwerk begin. Deur die jare het sy kennis in die gebruik van talle mediums opgedoen, en heelwat kursusse en werkswinkels daarin bygewoon. 

Holdsworth het ook haar lisensiaat in klavier, en kan orrel bespeel.

“My talente is sommer so ingebore,” sê sy met ’n byna verskonende glimlag. 

  • Dr. Frances le Roux van Vishoek in die Wes-Kaap het in ’n artikel getiteld “Art & Health” wat in Julie 2017 in Natural Medicine verskyn het, geskryf dat kuns en kommunikasie terapie is. 

“Kuns maak ons meer menslik; dit help ons op ’n ander, persoonlike vlak kommunikeer,” het sy geskryf. 

Le Roux, ’n heeltydse navorser en skrywer, was vir jare ’n fisioterapeut voordat sy ’n navorser vir die Internasionale Vereniging vir Musiek en Geneeskunde (International Association for Music and Medicine) geword het.  

In die artikel skryf sy dat die stimulus tydens die skeppende proses ’n mens toelaat om op ’n positiewe manier van die werklikheid af te skakel. Dit bring geestelike rus mee wat spanning verlaag, en ontspanning en ’n gevoel van geluk bevorder. 

Le Roux skryf voorts dat mense wat hulself vir ’n tydperk in skilder of ’n ander vorm van skeppende werk bevind, ’n diep vlak van konsentrasie beleef waartydens self pyn verminder. Dit help ook om ’n gevoel van angstigheid na ’n meer aangename gevoel te verander. 

“Dit is baie nuttig in tye van emosionele wanbalans,” skryf Le Roux.“Volwassenes wat leer om te skilder oorkom die vrees om hulself te konfronteer, en leer deursettingsvermoë; en word hierdeur aangemoedig om iets te skep wat net aan hulself behoort,” aldus Le Roux.

Sy skryf ook dat wanneer ’n mens trauma beleef, dit in die geheue gestoor word as beelde, en nie as woorde nie. Deur te skilder, word hierdie geheue geraak en beweeg dit uit ’n plek van afsondering, na ’n ruimte van genesing. 

Volgens Le Roux is skilder op die langtermyn bevorderlik vir lewenskragtigheid en geestelike welstand.  

Elsa
Elsa Holdsworth
Esla
Elsa Holdsworth

besig om te laai... Regstreeks
Leinster 0
Munster 0
besig om te laai... Regstreeks
Edinburgh 13
Glasgow Warriors 6
Rand - Dollar
15.77
+0.7%
Rand - Pond
19.69
+0.5%
Rand - Euro
16.65
+0.5%
Rand - Aus dollar
11.10
+0.6%
Rand - Jen
0.12
+0.5%
Goud
1,846.66
0.0%
Silwer
21.76
0.0%
Palladium
1,970.00
0.0%
Platinum
958.50
0.0%
Brent-ruolie
112.55
+0.5%
Top-40
61,000
-1.2%
Alle aandele
67,575
-1.0%
Hulpbronne 10
72,529
+1.6%
Industriële 25
72,948
-3.9%
Finansiële 15
15,746
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos