.

Landbou-unie vier 70 jaar

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Op die 70ste bestaansjaarvieringe van die Vaalharts-distrikslandbou-unie is van links, voor: Rhyk Welgemoed, Gerhard Bruwer, Ivor Price, Pieter van der Merwe en Alewyn Schlebusch; agter: Pieter van Niekerk, Stefan Smith, Elias Kampher en Arno de Kock.
Op die 70ste bestaansjaarvieringe van die Vaalharts-distrikslandbou-unie is van links, voor: Rhyk Welgemoed, Gerhard Bruwer, Ivor Price, Pieter van der Merwe en Alewyn Schlebusch; agter: Pieter van Niekerk, Stefan Smith, Elias Kampher en Arno de Kock.
Foto: Verskaf

Erkenning is aan pionierboere en aan die jonger geslag landbouers met die 70ste bestaansjaarvieringe van die Vaalharts-distrikslandbou-unie gegee.

Tydens die vieringe op 21 Julie by The Venue in Hartswater is die besproeiingsgebied se ryk geskiedenis in ’n “Toeka tot nou”-tema uitgelig. Dit strek van die eerste oorlogsveterane wat hier gevestig is tot vandag waar dit een van die grootste en bekendste besproeiingsgebiede in die land is. 

Die sowat 110 landbouers en van hul gades, landbou-ondernemings, asook voormalige en huidige bestuurslede van die unie is deur Christelle Stoman, unie-bestuurder, verwelkom. 

Ivor Price, bekende radio- en TV-aanbieder, het as seremoniemeester opgetree. Price het sy ervaringe en gewaarwordinge oor die landbouers van oor die land heen wat in sy programme verskyn het, gedeel.  

’n Video, wat die tema weerspieël het, is oor die ontstaan van Vaalharts vertoon. Die skema het in 1938 begin toe die eerste nedersetters hier geplaas is om aan die armblankes ’n heenkome te bied. In 1934 is daar reeds met die bou van kanale en damme begin.

Alewyn Schlebusch, wat as voorsitter van 2013 tot 2017 gedien het, het erkenning gegee aan vorige en huidige landbou-ondernemings wat ’n diens aan die landbouers gelewer het, of steeds lewer. Van die bekendste landbou-ondernemings wat tot die ontwikkeling van die skema bygedra het, sluit die Vaalharts-koöperasie, Langeberg-fabriek, grondboonbotterfabriek, wynkelder, sitruspakhuis, nabygelë kaasfabriek, vendusiekrale en silo’s in.  

Vaalharts spog vandag met nie minder as nege pekanneut-verwerkingsaanlegte, grondbone- aanlegte, ’n olyffabriek, sitruspakhuise, Vaalharts Katoen, verskeie luserndepots, voerkrale en vele ander.

Gerhard Bruwer, Agri SA Jongboer van die Jaar 2021, het as gasspreker opgetree. Sy passie vir landbou was duidelik sigbaar. Bruwer maak ook ’n verskil in sy gemeenskap deur verskeie opheffingsprojekte op sy plaas. Hy het gesê dat uitdagings bestaan, maar dat met beplanning en aanpassings landbouers die uitdagings, veral die stygende kunsmis- en dieselpryse, sal oorkom. As ’n besproeiingsboer van Douglas, sonder Bruwer vir Eskom uit as die grootste uitdaging om volhoubaar aan te hou boer.

Stefan Smith, voorsitter van 2017 tot 2021, het erkenning aan die pionierlandbouers gegee. Hulle het in moeilike omstandighede Vaalharts van ’n dor tot ’n uitsonderlike besproeiingsgebied ontwikkel. Van hierdie pionierlandbouers was teenwoordig en kon van hul stories en ondervindinge deel. 

Pieter van der Merwe, huidige unie-voorsitter, het die geleentheid afgesluit deur te sê dat die toekoms van landbou in die hande van die nuwe generasie landbouers is. Hiermee het hy na die jong landbouers verwys, maar ook na die volgende generasie wat in die landbouklas van die plaaslike skool is. 

Afgesien van Rivulis, die hoofborg, se uitstalling, kon gaste ook ander talle ander uitstallings besigtig. ’n Uitstalling van historiese dokumente, onder meer notuleboeke wat uit 1952 dateer asook ander boeke en foto-albums, kon onder meer besigtig word.

 – Verwerk, Helena Barnard

VDLU
Trekkers en werktuie van die Vaalharts Veteraanmotorklub was ook op uitstalling. By van die trekkers is Louis van Heerden (links) en Johan Cloete.
VDLU
Van die motors wat deur die Vaalharts Veteraanmotorklub uitgestal is. By die motors is Colin Schubach (links) en Johan Cloete.

Rand - Dollar
16.20
+0.3%
Rand - Pond
19.66
+0.8%
Rand - Euro
16.62
+0.9%
Rand - Aus dollar
11.54
-0.0%
Rand - Jen
0.12
+0.6%
Goud
1,800.50
+0.6%
Silwer
20.80
+2.4%
Palladium
2,224.00
-2.9%
Platinum
966.20
+0.5%
Brent-ruolie
99.60
+2.2%
Top-40
63,996
-1.0%
Alle aandele
70,731
-0.8%
Hulpbronne 10
64,048
-2.8%
Industriële 25
86,577
-0.6%
Finansiële 15
16,059
+0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos