.

Beste diens met vraghouers gebied

akkreditasie

BLOEMFONTEIN CONTAINER PARK glo vas dat hulle die beste en goedkoopste diens van houer­verkope en -verhuring in Sentraal-Suid-Afrika bied.

Die twee direkteure van dié onderneming, Hein Etsebeth en Dirch Olsen, wat jare gelede saam by Spoornet gewerk het, het tesame 50 jaar ondervinding in die bedryf.

Hulle het saam die onderneming as Bloemfontein Container Park begin en in samewerking met twee groot skeepvraghouermaatskappye, Mediterranean Shipping Company en Safmarine, ’n depot in Bloemfontein begin.

Etsebeth en Olsen wou die verspreiding van houers goedkoper hanteer en bogenoemde blyk uiters sukesvol te wees.

Tweedehandse of gebruikte vragskeephouers (containers) word van dié maatskappye gekoop en weer verkoop of verhuur en só het Bloemfontein Container Park in die jaar 2000 ontstaan.

Tot en met Augustus 2015 is grond van Transnet gehuur en daarna het Bloemfontein Container Park sy eie perseel gekoop waar die onderneming nou in Sand du Plessislaan 46 in Estoire, Bloemfontein, bedryf word.

Bloemfontein Container Park verkoop en verhuur ’n groot verskeidenheid houers.

Die diens is landswyd beskikbaar en boonop lewer Bloemfontein Container Park self die houers af.

Die onderneming spesialiseer ook in die vervoer van alle goedere, hetsy per pad of per spoor, wat ’n allesomvattende diens insluit met takke in Pretoria, Johannesburg, Durban, Kimberley, Port Elizabeth en Kaapstad.

Bloemfontein Container Park het ook geriewe op sy perseel waar klante hul eie goedere kan stoor.

Dié perseel is met ’n 24-uur­sekuriteitsdiens en kameras toegerus en bied ook aan klante 24-uur-toegang tot stoorhouers.

besig om te laai... Regstreeks
Brighton and Hove Albion 1
Chelsea 1
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
15.54
-1.0%
Rand - Pond
21.12
-0.7%
Rand - Euro
17.59
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.16
-0.6%
Rand - Jen
0.14
-1.0%
Goud
1,814.56
-0.3%
Silwer
23.52
+2.1%
Palladium
1,906.50
+1.5%
Platinum
987.00
+1.1%
Brent-ruolie
86.48
+0.5%
Top-40
68,282
-0.9%
Alle aandele
74,956
-0.9%
Hulpbronne 10
74,510
-0.3%
Industriële 25
94,294
-1.4%
Finansiële 15
15,338
-1.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos