.

Eerbewyse volg op produksie se spoor

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Barnie Mans
Barnie Mans

Die toneelgroep van die Hoërskool Martin Oosthuizen (HMO) in Kakamas hou van drama – en die gesogte eerbewyse wat vanjaar verwerf is, dien as bewys.

Die HMO se Neer daal die reën is in Oktober as beste produksie van Kunstekaap en die Suidoosterfees se tienertoneelfees aangewys, en daarmee is ’n speelvak in volgende jaar se Suidoosterfees gewaarborg.

Nog twee van dié fees se vyf gesogte eerbewyse is deur die toneelgroep gewen.

Zander Oberholster, in gr. 9, is as die beste akteur aangewys. Daarvoor het hy ’n verskyning op die kykNET-sepie Suidooster gewen. Dean John Smith, akteur en beoordelaar, het dié eerbewys aan Zander oorhandig.

Nog ’n eerbewys is aan Barnie Mans, departementshoof en dramaregisseur van HMO, toegeken. Sy hand aan fyn detail en sy presiese, slim spelleiding het hom die beste regisseur op die fees gemaak.

Boonop het die gr. 12-leerling Le Roux de Vos ’n benoeming as beste akteur ontvang.

Neer daal die reën is vroeër vanjaar as een van die vier topproduksies in die eindronde van die ATKV-tienertoneel­kompetisie se Vrystaatstreek aangewys.

Hiertydens het Zander sy eerste eerbewys as beste tiener-akteur ontvang.

’n Uitsonderlike eer het Mans vroeër te beurt geval toe hy as een van 30 Suid-Afrikaners gekies is om die KKNK en die Nasionale Afrikaanse Teater-inisiatief se regisseur-meesterklas by te woon. Dié kursus word deur die regisseur en ontwerper Marthinus Basson aangebied.

Mans, wat in 1998 aan die HMO matrikuleer het, is die enigste Noord-Kapenaar en onderwyser in die groep. Akteurs, regisseurs en sangers – soos Ira Blanckenberg, Brendon Daniels, De Klerk Oelofse en Anna Davel – tel onder sy klasmaats.

Dié kursus, wat reeds in Januarie begin het, eindig vandeesmaand.

Dit vind elke tweede Sondag via ’n vier uur lange Zoom-sessie plaas. Hiertydens word aandag aan alle fasette van regie gegee – van teksontleding, ontwerp en produksiebeplanning tot die voorlê van ’n produksie vir ’n feesprogram.

Mans is nie onbekend in die Suid-Afrikaanse teaterbedryf nie. Hy was al verbonde aan die kykNET-Fiëstas-paneel wat nasionale teaterpryse toeken, die Woordtrofee-paneel wat jaarliks die Woordfees se toneelpryse toeken, en Aardklop se Aardvark- en Smeltkroes-beoordeelaarspaneel vir die toekenning van feespryse.

Etlike van Mans se skool-akteurs het eerbewyse as beste akteur ontvang, en sodoende rolle in professionele teater- en TV-produksies verwerf.

Mans spog met onder meer ’n drama-graad, ’n B Ed-graad (hons) in onderwysbestuur, ’n nagraadse onderwyssertifikaat en ’n honneursgraad in dramavakdidaktiek.

Hy bied ook die skoolvakke rekenaartoepassingstegnologie en skeppende kunste aan.

Die Hoërskool Martin Oosthuizen het in Oktober drie van vyf tienertoneel-eerbewyse ontvang. Van links is Zander Oberholster (beste akteur), Barnie Mans (beste regisseur) en Le Roux de Vos (met die trofee vir die beste produksie). Foto: Verskaf

produksie
'n Toneel uit die produksie van die Hoërskool Martin Oosthuizen in Kakamas.


besig om te laai... Regstreeks
South Africa A 297/10 & 212/10
India A 276/10 & 76/2
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
15.89
+0.3%
Rand - Pond
21.10
+0.4%
Rand - Euro
17.95
+0.3%
Rand - Aus dollar
11.22
+0.7%
Rand - Jen
0.14
+0.4%
Goud
1,774.50
+0.4%
Silwer
22.41
+0.1%
Palladium
1,847.50
+3.5%
Platinum
949.00
+0.9%
Brent-ruolie
69.67
+1.2%
Top-40
64,616
+0.1%
Alle aandele
71,100
+0.1%
Hulpbronne 10
67,242
-0.5%
Industriële 25
93,879
+0.2%
Finansiële 15
14,001
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos