.

Griekwas wil weer beker in Kby hê

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die Griekwa-rugbyspan speel Saterdag (25/06) in sy eerste Curriebeker-eindstryd in 52 jaar op sy tuisveld, Windhoek Draught-park in Kimberley. Ondersteuners wat in 1970 langs die veld in Kimberley was toe die legendariese kaptein Mannetjies Roux en sy helde die Bulle (toe nog Noord-Transvaal) onder die aanvoering Frik du Preez geklop het, voorsien reeds ’n herhaling van dié roemryke dag. Die wedstryd is op 26 September 1970 in die De Beers-stadion gespeel. Die Bulle was die gunstelingspan om op dié dag te wen, maar die Griekwas het die Bulle met 11 – 9 geklop. Die Curriebeker is ná die wedstryd in ’n venster van die destydse SA Perm vertoon, en glo vir weke daarna nog het mense op die sypaadjie saamgedrom om na die beker te kyk. Hier is Piet Uys (skrumskakel van die Bulle) en Roux met die Curriebeker ná die wedstryd in 1970.
Die Griekwa-rugbyspan speel Saterdag (25/06) in sy eerste Curriebeker-eindstryd in 52 jaar op sy tuisveld, Windhoek Draught-park in Kimberley. Ondersteuners wat in 1970 langs die veld in Kimberley was toe die legendariese kaptein Mannetjies Roux en sy helde die Bulle (toe nog Noord-Transvaal) onder die aanvoering Frik du Preez geklop het, voorsien reeds ’n herhaling van dié roemryke dag. Die wedstryd is op 26 September 1970 in die De Beers-stadion gespeel. Die Bulle was die gunstelingspan om op dié dag te wen, maar die Griekwas het die Bulle met 11 – 9 geklop. Die Curriebeker is ná die wedstryd in ’n venster van die destydse SA Perm vertoon, en glo vir weke daarna nog het mense op die sypaadjie saamgedrom om na die beker te kyk. Hier is Piet Uys (skrumskakel van die Bulle) en Roux met die Curriebeker ná die wedstryd in 1970.
Foto en inligting: kimberley.org.za

Vir die eerste keer in meer as ’n halfeeu speel die Griekwas in die Curriebeker-eindstryd.

Dié geskiedkundige wedstryd vind Saterdag (25/05) in Kimberley plaas wanneer die Griekwas met die Pumas kragte meet.

Saterdag se wedstryd word as die grootste oomblik vir die kleiner rugbyunies in die 133 jaar van die kompetisie beskou.

Dit kom nadat trane van vreugde die afgelope naweek gevloei het toe dié twee spanne met klein begrotings en jong spelers vriend en vyand verras het deur met veggees en karakter groot unies in die halfeindstryde te klop.

Wat dit meer besonders maak, is dat die Poubloues derde en die Laevelders vierde op die reeks se puntelys geëindig het.

Die Griekwas het die Bulle Vrydagaand (17/06) met 30 – 19 geklop, en die Pumas het Saterdag tydens die halfeindronde die Vrystaat Cheetahs met 38 – 35 ore aangesit.

Dit was in 1970 toe die Griekwas van die Springbok-legende Mannetjies Roux die Bulle (toe nog Noord-Transvaal) geklop het om die Curriebeker te wen – die laaste keer sedertdien. Daardie dag het Griekwas die Bulle met 11 – 9 gewen.

Die Griekwas het ook die Curriebeker in 1899 en 1911 gewen, en die eertydse Vodacom-beker vyf keer.

Op die webwerf Kimberley City Portal, onder “Today in Kimberley’s History”, word meer oor dié geskiedkundige wedstryd vertel.

Noord-Transvaal was die gunsteling om te wen. Dit was ’n era waarin spelers nie betaal is nie, maar die groter provinsies het spelers met werksaanbiedinge gelok.

Behalwe aanbiedinge om by myne te werk, kon die Griekwas nie veel meer bied nie.

Roux het meer as 300 km van sy plaas by Victoria-Wes vir oefensessies en wedstryde gery, en van die ander spelers van Kuruman af. Omdat die Griekwas so ver uitmekaar gebly het, kon hulle nie veel saam oefen nie en is daar op die toewyding en selfvertroue van die spelers staatgemaak.

Roux het ook glo gesê hulle het nie veel van ’n wedstrydplan vir die dag gehad nie.

Die meeste spelers was in hul dertigs, en vir van hulle sou dit ’n laaste wedstryd wees.

Met die afgelope Vrydagaand se wedstryd het die Griekwas in die eerste helfte met groot onderneming gespeel, maar dit het nie op die telbord gewys nie.

Ná rustyd, met die telling op 7 – 3 in die Bulle se guns, was daar egter net een span op die veld.

Griekwas het eers met ’n paar George Whitehead-strafdoele die voortou geneem voordat die flank Hanru Sirgel hul voorsprong tot 16 – 7 gerek het.

’n Strafdrie vir Griekwas diep in die wedstryd het die Bulle se 2022-oes in die kompetisie beduiwel.

  • Anri van Rooyen, uitvoerende hoof van die Griekwaland-Wes-Rugbyunie (GWRU), het Sondag gesê daar is ’n sterk moontlikheid dat die Windhoek Draught-park in Kimberley Saterdag stampvol kan wees. Weens huidige Covid-19-regulasies mag net die helfte van die stadion gevul word. Daar is egter ’n sterk moontlikheid dat die regering die regulasie vandeesweek kan lig, en dat 12 800 toeskouers hierdie geskiedkundige wedstryd kan bywoon.
  • Die eindstryd in die Windhoek Draught-park in Kimberley begin Saterdag om 15:00.

Kaartjieverkope sou reeds Dinsdag (21/06) geopen het en kaartjies kan by Computicket, Shoprite Checkers en GWRU gekoop word.

Besoek die Facebook-blad Griquas Rugby – G.W.R.U. vir meer inligting.

besig om te laai... Regstreeks
West Indies 408/10
Bangladesh 234/10 & 67/4
besig om te laai... Regstreeks
England 360/10 & 183/2
New Zealand 329/10 & 326/10
Rand - Dollar
15.80
+1.1%
Rand - Pond
19.41
-0.1%
Rand - Euro
16.67
+0.1%
Rand - Aus dollar
10.96
+0.1%
Rand - Jen
0.12
-0.0%
Goud
1,827.37
0.0%
Silwer
21.15
0.0%
Palladium
1,880.50
0.0%
Platinum
911.50
0.0%
Brent-ruolie
113.12
+2.7%
Top-40
59,993
+1.6%
Alle aandele
66,349
+1.6%
Hulpbronne 10
64,422
-0.2%
Industriële 25
76,590
+2.6%
Finansiële 15
15,623
+1.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos