.

GWK open sy nuwe fabriek

akkreditasie

GWK het Donderdag (07/04) sy splinternuwe Farm-Foods-fabriek by Modderrivier langs die N12 amptelik geopen.

Die fabriek het sowat R400 miljoen gekos en bykans twee jaar geneem om te voltooi.

Dit funksioneer as ’n koringmeule, sowel as ’n pasta- en koekiefabriek.

Volgens Tom Meintjes, bestuurder van graanproduksie, is meer as R60 miljoen bestee om die bestaande silo’s by die aanleg op te knap en uit te brei.

Die aanleg bevat moderne en gesofistikeerde masjinerie wat van Italië en Switserland af ingevoer is.

Die gebouekompleks is strategies en sentraal langs die N12 en spoorvragroete tussen Kaapstad en Johannesburg geleë.

Die eerste produkte wat hier vervaardig is, sal binnekort in uitgesoekte Pick n Pay-, Spar-, Game- en Makro-supermarkte in Gauteng, KwaZulu-Natal, die Vrystaat en die Noord-Kaap beskikbaar wees.

Volgens Meintjes is meer as 110 permanente werksgeleenthede deur die projek geskep.

Bykans 400 deeltydse werksgeleenthede is ook tydens die oprigtingfase geskep.

Volgens hom was 88 kontrakteurs, sowel as 48 subkontrakteurs, by die bou van die aanleg betrokke.

Die nuwe fabriek kan volgens hom sowat 25 ton koringmeel per uur, 1,3 ton koekies per uur en 1 ton pasta per uur lewer.

Suzanne Ackerman-Berman, voorsitter van die Pick n Pay-stigting, het ’n toespraak op die amptelike opening van die aanleg gelewer.

Sy het gesê dit is verblydend om te sien dat ’n fabriek soos dié in die Noord-Kaap geopen word wat tans erg gebuk gaan onder hoë vlakke van werkloosheid.

Sy het aangekondig dat die Pick n Pay-winkelgroep ook die produkte gaan verkoop.

Die adjunkminister van handel en nywerheid, Mzwandile Masina, meen die aanleg help om armoede, ongelykheid en werkloosheid in die provinsie te verlig.

Masina sê die uitbreiding is in lyn met die regering se Nasionale Ontwikkelingsplan.

Hy het ’n beroep op GWK gedoen om te besin oor hoe hy swart aandeelhouers en swart boere by die aanleg kan betrek.

Die opening van die aanleg kom kort nadat GWK onlangs ’n 50%-styging in wins aangekondig het die vir die boekjaar van 2015.

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
15.54
-1.0%
Rand - Pond
21.12
-0.7%
Rand - Euro
17.59
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.16
-0.6%
Rand - Jen
0.14
-1.0%
Goud
1,814.56
-0.3%
Silwer
23.52
+2.1%
Palladium
1,906.50
+1.5%
Platinum
987.00
+1.1%
Brent-ruolie
86.48
+0.5%
Top-40
68,282
-0.9%
Alle aandele
74,956
-0.9%
Hulpbronne 10
74,510
-0.3%
Industriële 25
94,294
-1.4%
Finansiële 15
15,338
-1.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos