.

“Het jy al iemand doodgemaak?” vra beskuldigde glo

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Kgomotso Mpulwana Maandag (12/09) in die beskuldigdebank in die hooggeregshof in Kimberley.
Kgomotso Mpulwana Maandag (12/09) in die beskuldigdebank in die hooggeregshof in Kimberley.
Foto: Charné Kemp

Die vrou het nog asemgehaal, maar die man was reeds dood toe hy hulle in die veld sien lê, het 'n staatsgetuie Maandag (12/09) in die hooggeregshof in Kimberley getuig.

Hy het in die Hartswater-moordsaak getuig waarin vier beskuldigdes aangekla word van die moorde op Dan Brand (83), sy vrou, Breggie (76) en hul dogter, Elzabie Brand (54).

Dit was kort nadat die staatsgetuie se halfbroer hom glo gevra het of hy al iemand doodgemaak het.

Die staat voer aan die aangeklaagdes het die Brands op 26 Julie 2020 vanaf hul perseel in Magogong in Hartswater ontvoer en vermoor. Verskeie van hul besittings en twee motors, ’n rooi Nissan Micra en ’n silwer Mazda CX 5, is ook gesteel.

Die beskuldigdes is Donald Seoleseng (21), Tshepo Visagie (36), Kgomotso Mpulwana (43) en Tsepaone Melato. Hulle word van regsverydeling aangekla omdat hulle die lyke in Taung versteek het om die moord te verdoesel. Seoleseng word ook van ontsnapping aangekla.

Realeboga Manyedi (21) het Maandag oor die voorval getuig. Al die aanklagte teen hom is verlede week teruggetrek.

Heidi Taljaard en Trudie de Beer, die oorledenes se dogters en susters, het deurentyd aantekeninge van die getuienis gemaak terwyl die wind deur die hofsaal se vensters geloei het.

Volgens Manyedi was hy op die dag van die voorval tuis in die Motakeneng-nedersetting toe Visagie, sy halfbroer, hom omstreeks 15:00 gebel het en gevra het hy moet 'n emmer kry en hom langs die pad ontmoet.

Visagie en twee ander mans (Seoloseng en Melato) het in 'n silwer Mazda CX 5-voertuig opgedaag. Seoloseng het bestuur. Hulle is na die Direetsaneng-nedersetting. Daar het hulle by 'n kraan stilgehou en 'n selfoon, skoolsak en skootrekenaar uit die kar gehaal en die bagasiebak wat vol bloed was, gewas.

Volgens Visagie was die bloed die van 'n donkie waarteen hulle gebots het. Later wou Visagie vir Manyedi iets gaan wys. Hulle het in die Mazda na 'n veld gery waar Visagie Manyedi glo twee keer gevra het of hy al iemand doodgemaak het.

Hulle het stilgehou waar twee mense in die bosse gelê het. Die man (Dan) was dood, maar die vrou (Elzabie) het asemgehaal. Visagie het hulle beveel om vir Elzabie in die bagasiebak te laai, wat hulle elders in die veld langs 'n boom agtergelaat het. Vandaar is hulle na die buurt Vaaltyn waar Visagie die selfoon en skootrekenaar glo vir R400 verkoop het.

Hulle het brandstof ingegooi en na die Mokasa-nedersetting gery waar die rooi Nissan op 'n grondpad gestaan het. Die voertuig se wiele was pap, maar Visagie en Mayedi het dit by die Majaneng-gruisgroef gaan parkeer. Seoloseng het hulle in die Mazda gevolg.

Hulle het 'n lyk (Breggie) agter die voorste sitplekke van die Nissan uitgehaal en in die Mazda se bagasiebak gelaai. Sy was in 'n kombers toegedraai. Hulle het haar oorskot by Lekamone in 'n grot gelos.

Die volgende dag is hulle vier na 'n huis waar hulle vir Mpulwana ontmoet het. Gedurende die dag is die Mazda weer binne en buite gewas. Op 'n tydstip het Visagie en Mpulwana gery om iets te gaan doen.

Later het hulle na 'n sangoma gery waar Visagie, Seoloseng en Mpulwana hulself wou reinig, maar Manyedi en Melato het buite gebly.

Op pad terug het die polisie hulle voorgekeer en gesê hulle soek na 'n silwer Mazda met Gauteng-registrasieplate, maar hulle s'n het Noord-Kaap-registrasieplate gehad. Volgens Manyedi het Visagie kort daarna uit die kar geklim.

Sowat 30 kilometer verder het die polisie die kar met die vier oorblywende mense weer afgetrek. Hulle het hul selfone aan die polisie oorhandig. Manyedi het vir die polisie gesê hy sal die lyke uitwys.

Volgens hom is hy nie aangerand nie, maar Seoloseng en Melato is glo deur polisiehonde gebyt. Hy het Breggie se lyk eerste uitgewys en die ander twee oorledenes se oorskot die volgende dag toe dit lig was.

Die verhoor duur voort.

besig om te laai... Regstreeks
Garden Route Badgers 158/9
Eastern Cape 158/6
Rand - Dollar
18.07
-0.6%
Rand - Pond
20.16
+0.2%
Rand - Euro
17.68
+0.3%
Rand - Aus dollar
11.58
+0.1%
Rand - Jen
0.12
+0.1%
Goud
1,661.25
+0.0%
Silwer
19.03
0.0%
Palladium
2,166.50
0.0%
Platinum
864.50
0.0%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos