.

Hof hoor hoe Leon sterf

akkreditasie
Jacques van Vuuren verlaat Maandag (22/11) die hofsaal ná sy eerste dag van getuienis in die rondgaande hof in Upington.Foto: Charné Kemp
Jacques van Vuuren verlaat Maandag (22/11) die hofsaal ná sy eerste dag van getuienis in die rondgaande hof in Upington.Foto: Charné Kemp

Weens sy skuldgevoelens het Jacques van Vuuren, die middelman wat die huurmoord op Leon Brits beplan het, dae ná die moord ’n ineenstorting gehad en later gebieg.

Leon, hoteleienaar van Pofadder, is in Oktober 2020 in opdrag van sy vrou, Suretha, vermoor.

Hy is op 7 Oktober by sy huis met ’n hondeketting verwurg en met ’n mes gesteek. Sy lyk is in die swembad gegooi.

Volgens Van Vuuren het Leon vir sy lewe geveg.

Van Vuuren, wat reeds skuld beken het en sy effektiewe vonnis van 20 jaar gevangenisstraf vir onder meer moord uitdien, het Maandag (22/11) in die rondgaande hof in Upington in die verhoor van sy vermeende meelopers, Enrich Williams en Amantle Bareki, getuig.

Hulle word van Leon se moord, roof met verswarende omstandighede en die onwettige besit van vuurwapens aangekla.

Na verwagting sal Suretha ook as staatsgetuie optree nadat sy verlede week skuld op aanklagte van moord en roof met verswarende omstandighede beken het.

Sy is tot 25 gevangenisstraf gevonnis.

Van Vuuren het in sy getuienis bekend gemaak hoe Leon na bewering deur Williams en Bareki vermoor is.

Hy, Williams en Bareki het op 7 Oktober vroegoggend in Van Vuuren se ma se motor van Kathu na Pofadder vertrek. Van Vuuren het die twee mans by Leon se huis afgelaai.

Suretha het ’n boodskap na Leon gestuur om hom na die huis te lok. Die mans het Leon glo ingewag.

Leon het glo in die braaiarea op hulle afgekom en is na bewering met ’n bofbalkolf oor die kop geslaan.

’n Vuisgeveg het uitgebreek, en die honde het ingekom.

Williams het na bewering ’n hond se ketting afgeruk en Leon verwurg. Daarna het Bareki glo Leon met ’n okapi-mes gesteek en die kluissleutels by hom afgevat. Hulle het Leon se lyk in die swembad gegooi.

Die mans is na die kluis in die hoofslaapkamer, waar hulle na bewering geld, munte en gewere gesteel het om die motief vir die moord te versteek.

Van Vuuren het hulle buite die huis met hul buit opgelaai en na Kakamas vertrek terwyl Williams glo vertel het wat in die huis gebeur het.

Op pad het hulle Suretha ontmoet om haar tweede selfoon, waarmee die moord gereël is, te vernietig.

Die drie mans het verder aangery na Keimoes, waar hulle na bewering die moordwapens, selfone, handskoene en bebloede oorpakke verbrand het.

Terug in Kathu het Van Vuuren weens sy skuldgevoelens nooit weer gaan werk nie.

Hy het weens vrees vir sy eie lewe met sy motorfiets na sy suster se huis in die Wes-Kaap gevlug.

Op pad was hy in ’n ongeluk betrokke.

Suretha het hom intussen laat weet die ondersoekspan het sy motor met kringtelevisiemateriaal in Pofadder opgespoor.

Van Vuuren het teenoor sy suster en per telefoon by sy ma gebieg. Hulle het besluit hy sal per bus na Upington gaan om ’n prokureur te spreek en homself aan die polisie oor te gee.

Wyle brig. Dick de Waal, ondersoekbeampte, het hom egter die aand van 15 Oktober by die bushalte in Piketberg ingewag, waarna hy die volgende dag in hegtenis geneem is nadat hy sy bekentenis afgelê het.

  • Lees ook die berig op bl. 2.
besig om te laai... Regstreeks
South Africa A 85/4
India A 0
besig om te laai... Regstreeks
Sri Lanka 204/10
West Indies 69/1
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
16.13
+0.4%
Rand - Pond
21.52
+0.1%
Rand - Euro
18.33
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.50
+0.5%
Rand - Jen
0.14
-0.4%
Goud
1,795.20
+0.6%
Silwer
22.87
-0.2%
Palladium
1,785.51
-0.8%
Platinum
951.18
-1.5%
Brent-ruolie
73.44
+1.0%
Top-40
63,648
+0.1%
Alle aandele
70,032
+0.0%
Hulpbronne 10
66,276
+1.1%
Industriële 25
93,279
-0.7%
Finansiële 15
13,425
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos