.

Hoofartikel: Kyk met visie na ‘mooi broodjies’

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister

Kort voor die munisipale verkiesings op 1 November vind Wêreld Sigdag Donderdag (14/10) plaas.

Die tema van vanjaar se bewuswordingsveldtog oor ooggesondheid, wat sigverswakking en blindheid insluit, is “Wees lief vir jou oë”.

Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) ly meer as een biljoen mense aan een of ander vorm van sigverswakking wat voorkom kon word, of wat nie aangespreek word nie.

Swak sig beïnvloed mense van enige ouderdom. Dit, en ook blindheid, het ’n lewenslange invloed op dié persone se lewe.

Nie net bepaal dit hul interaksie in die gemeenskap en in hul plek van opvoeding nie, maar dit bepaal en beperk grootliks hul werksgeleenthede.

Die Internasionale Agentskap vir die Voorkoming van Blindheid (IAPB) moedig mense aan om vir ’n basiese oogtoets te gaan waarin toestande wat moontlik tot swak sig of blindheid kan lei, bepaal en behandel kan word.

Helen Keller (1880 – 1968), ’n Amerikaanse skrywer van onder meer 14 boeke, vegter vir die regte vir persone met gestremdhede, aktivis en dosent, het haar sig en hoorsintuig ná siektetoestande verloor toe sy 19 maande oud was.

“The only thing worse than being blind is having sight but no vision,” was een van haar sêdinge wat ’n gewilde aanhaling geword het.

Sy het ook gesê: “Blindness is an unfortunate handicap but true vision does not require the eyes.”

Volgens die Pharos kan blind ook “sonder of self te dink”, asook “onoordeelkundig” en “onwetend, dom” beteken, en die Afrikaanse spreekwoord lui: “Niemand is so blind soos een wat nie wil sien nie.”

Met die oog op die komende verkiesing en politici wat mooi broodjies bak, kan ’n mens hoop dat Suid-Afrikaners werklik toekomsvisie kry; nie net om wel ’n kruisie te gaan trek nie, maar ook om werklik positief ’n verskil te maak, as’t ware met die tema: “Wees lief vir jou toekoms”.

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.81
+0.4%
Rand - Pond
20.41
-0.1%
Rand - Euro
17.27
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.11
-0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Goud
1,800.01
+0.4%
Silwer
24.38
+0.2%
Palladium
2,059.50
+1.8%
Platinum
1,042.36
-0.1%
Brent-ruolie
85.53
+1.1%
Top-40
60,580
+0.0%
Alle aandele
67,172
+0.0%
Hulpbronne 10
63,244
+0.2%
Industriële 25
86,436
-0.4%
Finansiële 15
13,915
+1.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos