.

Inwoners boos oor ‘morsige’ herstelwerk

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Een van die hope ou teer wat deur werkers uitgegrawe en net so op die sypaadjie gelaat is.
Een van die hope ou teer wat deur werkers uitgegrawe en net so op die sypaadjie gelaat is.
Foto: Verskaf

Inwoners van Royldene, wat verlede jaar moed geskep het toe herstel­werk op slaggate in Kimberley begin is, is woedend nadat die werk sonder enige verduideliking tot ’n knarsende halt gekom het.

Dr. Zamani Saul, Noord-Kaapse premier, het verlede jaar in April sowat R500 miljoen bewillig om die Diamantstad en ander dorpe se infrastruktuur op te knap. Hiervan sou R180 miljoen bestee word om paaie te herstel. Dit sou glo in samewerking met die Sol Plaatje-munisipaliteit gedoen word.

Saul het destyds gespog dat dié werk teen die einde van 2021 voltooi sou wees.

“Ons verbind ons daartoe dat daar teen die einde van die jaar geen slaggate in en om Kimberley sal oor wees nie,” het hy gesê.

Inwoners is ontevrede oor die feit dat die werk onvoltooid gelaat is, en kla dat die werkers ou teer in hope langs die paaie gegooi het en morsig te werk gegaan het.

In Vergelegenlaan het werkers enkele slaggate gevul en een slaggat tot op die aarde oopgekrap. Die res van die pad is steeds vol gevaarlike gate.

Intussen is hope ou teer wat nie ná die herstelwerk verwyder is nie in die veld oorkant Heerengrachtlaan gestort.

Inwoners kla dat die werkers tydens die herstelwerk sypaadjies en rylane met teer, koeldrankbottels, kospapiere en ander rommel bemors het.

Adv. Laverebe Accom moes iemand huur om skoon te maak waar die werkers haar sypaadjie bevuil het.

“Die werkers het hul klere en sakke op my mure en hekke gehang en ou en nuwe teer op my sypaadjie en op my rylaan gegooi, tesame met die vullis van hul etes. Hulle het reg rondom my hoekhuis gemors. Sol Plaatje se werkers het geen respek vir ’n mens se eiendom nie.”

Chris Louw, wat in Vergelegenlaan bly, pleit vir die straat se voortbestaan. Volgens hom word die straat altyd oorgesien wanneer herstelwerk gedoen word.

“Ek bly sedert 1984 hier. Ondanks talle skriftelike en telefoniese versoeke en smekinge oor die jare heen het die munisipaliteit nooit die pad herstel nie. Nog nooit is enige slaggat herstel nie, behalwe vir die onvoltooide werk wat enkele maande gelede aan die een kant van Vergelegen gedoen is. Die ander kant is onvoltooid en gevaarlik gelaat,” sê hy.

“Deur die jare is slaggate van tyd tot tyd in ander strate soos Heerengracht­laan, Leeuwenhoflaan en Libertaslaan in Royldene herstel, maar Vergelegen­laan is elke keer oorgeslaan. Die spoedbulte wat vroeër in Leeuwenhof­laan aangebring is, het die situasie versleg omdat motoriste nou Vergelegenlaan gebruik. Die owerhede het toegelaat dat die pad verval.”

Nog ’n inwoner sê twee hope ou teer is in Constantialaan gestort, Uitzichtlaan se slaggate is nie herstel nie en die slaggate wat in Groote Schuurlaan herstel is, het weer gevorm weens werk van ’n swak gehalte.

"Dit lyk asof die werkers hoop die hope teer in die veld groei toe sodat hulle dit nie hoef weg te ry nie. Die werk het tot stilstand geruk, en niemand weet wat aangaan nie. Ons aanvanklike opwinding oor die herstel­werk het in ’n wrang smaak ontaard.”
Hettie Streuders

Peet Louw, DA-wyksraadlid, sê die stad se padinfrastuktuur bly skokkend swak al het die premier voorgeneem die slaggate sal teen die einde van 2021 herstel wees.

“Dalk was dit net ’n verkiesingsfoefie voor die munisipale verkiesing, eerder as ’n werklike poging om die stad weer te laat sprankel. Ek is besig met ’n opname van al die slaggate in wyk 23, waarna ek ’n verslag aan die munisipaliteit sal oorhandig.”

Volgens Bronwyn Thomas-Abrahams, woordvoerder van die premier, duur die program om infrastruktuur op te knap voort.

“Benewens die provinsiale program doen die Sol Plaatje-munisipaliteit ook sy eie herstelwerk waarin paaie geseël word. Ons het voorsien dat die slaggate teen verlede jaar herstel sou wees, maar die aanhoudende reënval het ons benadeel. Dit plaas ook druk op ons vloedwaterpypleiding, wat ook opgeknap moet word.

“Die munisipaliteit werk hard om die probleme op te los. Ons sal die departement van paaie en openbare werke versoek om ondersoek te doen na die werk van ’n swak gehalte.”

Een van etlike hope teer wat werkers in die veld oorkant Heerengrachtlaan gestort het.
Slaggate
In Vergelegenlaan is enkele slaggate herstel, een is uitgegrawe maar nie gevul nie, en die ander diep en gevaarlike is nie herstel nie.

besig om te laai... Regstreeks
Sri Lanka 269/8
Zimbabwe 302/8
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
15.48
-0.6%
Rand - Pond
21.03
-0.2%
Rand - Euro
17.55
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.13
-0.3%
Rand - Jen
0.14
-0.7%
Goud
1,813.20
-0.3%
Silwer
23.42
+1.7%
Palladium
1,905.50
+1.5%
Platinum
987.50
+1.1%
Brent-ruolie
86.48
+0.5%
Top-40
68,282
-0.9%
Alle aandele
74,956
-0.8%
Hulpbronne 10
74,510
-0.3%
Industriële 25
94,294
-1.3%
Finansiële 15
15,338
-1.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos