.

Kameeldoring: Groen nie altyd reg

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister

In die malle gejaag om alles gedoen te kry – van die hond wat mank loop te laat ondersoek tot onthou om die vuilgoedsak uit te sit – wens Mamma sy het seekat-arms gehad om oral raak te vat.

Die vyf minute in die kleinhuisie om haar kop agtermekaar te probeer kry, word onderbreek toe Oudste kom klik dat Sussie die handspieël laat val het. Dis ’n noodgeval, want Jongste druk alles in haar mond en ondersoek alles met haar pikante vingertjies.

Oomblikke later vra Oudste wat Mamma se gunsteling-iets van die een of ander storie is. Mamma het geen benul oor watter storie hy praat nie. Wanneer die kinders storie kyk, werk Mamma op die rekenaar. Oudste is oor sy Paw Patrol-fase. Van dié storie het Mamma wel die karakters geken.

Sy probeer haar onkunde verdoesel en antwoord: “Die groene.”

Iewers het Mamma besef elke storie het ’n groen karakter.

“Jy meen . . .” vra hy. Mamma sê net “ja” terwyl sy ’n notule tik van ’n vergadering wat byna ’n week gelede gehou is. Dié dat sy nie weet watter karakter in watter storie haar gunsteling- groen karakter is nie.

Naby aan die einde van die notule vra Oudste wat Mamma se gunsteling-ding is om te doen.

Mamma hoef nie te dink nie.

“Om jou pa se hand vas te hou en tyd saam met julle deur te bring. Hoekom vra jy, Liefie?”

Die klein Ingelsman antwoord: “I thought your favourite thing to do is work, because you are always working.”

Mamma is woordloos.

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.81
+0.3%
Rand - Pond
20.41
-0.1%
Rand - Euro
17.27
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.11
-0.3%
Rand - Jen
0.13
+0.0%
Goud
1,800.87
+0.4%
Silwer
24.38
+0.2%
Palladium
2,048.50
+1.3%
Platinum
1,043.86
+0.0%
Brent-ruolie
85.53
+1.1%
Top-40
60,580
+0.1%
Alle aandele
67,172
+0.1%
Hulpbronne 10
63,244
+0.5%
Industriële 25
86,436
-0.5%
Finansiële 15
13,915
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos