.

Kieserslys afgehandel

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister
Pelonolo Lephoi en Michael Maarman by die Doornlaagte-tent tussen Kimberley en Boshof, waar slegs enkele voornemende kiesers die naweek opgedaag het. Foto: Helena Barnard

Tydens die pasafgelope registrasienaweek van Saterdag (18/09) en Sondag het ongeveer 1,7 miljoen kiesers volgens die Verkiesingskommissie (OVK) hulle registreer of registrasiebesonderhede nagegaan of verander.

Tydens dié naweek het 433 198 mense hulle volgens die OVK vir die eerste keer as kiesers registreer.

Tegniese probleme is by sommige registrasiepunte ondervind en talle OVK-tente is in gure wind rondgeruk.

So ook het mense wat hulle aanlyn wou registreer of adresveranderinge wou aanbring, frustrasies met die OVK se VotersPortal beleef.

In ’n verklaring sê die OVK dat die aanlyn-opsie na alle waarskynlikheid ’n “ankermeganisme” vir registrasie en ander stemverwante dienste sal word en glo dat ’n stewige grondslag nou hiervoor gelê is.

Die OVK is tevrede met die naweek se aktiwiteite en sê die nuwe, verbeterde toepassings het die tempo waarteen registrasie en ander dienste plaasvind, drasties verbeter, ongeag die tegniese uitdagings van toerusting wat die eerste keer gebruik is.

Maandag (20/09) het dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, die minster van samewerkende regering en tradisionele sake, die datum van die munisipale verkiesing as 1 November in die Staatskoerant laat proklameer.

Dit impliseer dat die kieserslys geseël word en dat ’n registrasiegeleentheid nie weer voor die verkiesing sal plaasvind nie.

Aansoeke vir spesiale stemme – vir diegene wat reeds geregistreer het – het Maandag oopgemaak en sal op 4 Oktober sluit. Spesiale stemme sal op 30 en 31 Oktober uitgebring word.

Olga Smit (links) en Nicole Lucas by die Laerskool Herlear in Kimberley. Foto: Helena Barnard
Dié naweek kon voornemende kiesers hulle registreer of hul woonadres verander. Foto: Helena Barnard

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.60
+1.1%
Rand - Pond
20.07
+0.6%
Rand - Euro
16.94
+1.1%
Rand - Aus dollar
10.83
+1.1%
Rand - Jen
0.13
+1.6%
Goud
1,767.22
-1.6%
Silwer
23.32
-0.9%
Palladium
2,076.50
-3.1%
Platinum
1,060.26
-0.1%
Brent-ruolie
84.00
+1.0%
Top-40
60,494
+0.2%
Alle aandele
67,029
+0.3%
Hulpbronne 10
64,347
-0.1%
Industriële 25
84,819
+0.7%
Finansiële 15
13,961
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos