.

Kimberley DBV red diere in Jagersfontein

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Honderde diere is gered ná die slikdamramp in Jagersfontein.

Die DBV in Kimberley het ook ingespring om troeteldiere en ander diere te red wat sedert Sondag (11/09) deur slik vasgekeer is nadat die wal van die slikdam by 'n myn in Koffiefontein meegegee het.

Volgens Alet Steyn, voorsitter van die Kimberley DBV, het van hulle met die DBV in Bloemfontein en Virginia saamgewerk.

“Die lede het straat vir straat en erf vir erf deursoek na enige diere wat in erwe of hokke, of in slik vasgekeer was. Ons fokus was om dié wat nog lewe te red.

“Die DBV se personeellede het vir die taak beskermde klere bo-oor hul uniforms aangetrek. Almal van die drie DBV-takke het saamgewerk om van huis tot huis te loop en seker te maak dat enige lewendige diere wat agtergelaat is, gered word.

“Die lede het reënbroeke diep in waterstewels gedruk om te verhoed dat die modder in die stewels syfer. Hoewel dit feitlik onmoontlik is om die uniforms weer skoon te kry, is die modder redelik maklik van mense se vel en diere se pels met warm water en seep afgewas.

“Teen 12 September is 568 diere gered, maar daar kan moontlik nog wees. Die meerderheid van die diere is na die DBV Bloemfontein geneem om gewas, behandel en gehuisves te word.

“Die sluit 102 honde, 79 katte, 303 hoenders, 56 ganse, 4 koeie, 15 varke en 9 boerbokke in. Ons het nie telling gehou van diere wat dood aangetref is nie.

“Die Kimberley DBV is geseënd deurdat ons reiskostes en maaltye deur skenkings gedek is. Ons is nou net op bystand en benodig nie meer skenkings (vir die reddingpogings in Jagersfontein) nie, maar geld kan steeds aan die DBV in Bloemfontein geskenk word,” sê Steyn.

Bernadine Deeb, 'n inspekteur van die DBV in Kimberley, help met die reddings-aksie in Koffiefontein.


Twee personeellede van die Kimberley DBV, Ravindra Lingham en Valentino Le Fleur, dra 'n hok met 'n dier wat hulle uit die slik gered het.

besig om te laai... Regstreeks
Garden Route Badgers 158/9
Eastern Cape 158/6
Rand - Dollar
18.07
-0.6%
Rand - Pond
20.16
+0.2%
Rand - Euro
17.68
+0.3%
Rand - Aus dollar
11.58
+0.1%
Rand - Jen
0.12
+0.1%
Goud
1,661.25
+0.0%
Silwer
19.03
0.0%
Palladium
2,166.50
0.0%
Platinum
864.50
0.0%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos