.

Landbou-maatskappy moet ingevolge hofbevel boer terugbetaal

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die Hooggeregshof in Kimberley.
Die Hooggeregshof in Kimberley.
Foto: Charné Kemp/Foto ter illustrasie

’n Noord-Kaapse landbou­maatskappy moet ingevolge ’n hofbevel meer as R3 miljoen aan ’n Vrystaatse boer terugbetaal in ’n regsgeding wat handel oor ’n leningsooreenkoms en ’n voorlopige vonnisbevel wat al meer as ’n dekade sloer.

Regter A.P. Nxumalo het op 12 Augustus in die hooggeregshof in Kimberley Griekwaland-Wes Korporatief Bpk. (GWK), die verweerder, se aansoek om appèl teen ’n vroeëre uitspraak met koste verwerp. Hy het gelas dat dié landboumaatskappy vir Karob Boerdery en Charl Wilke (aan­soekers) R3 miljoen en die rente van 10,25% daarop van 14 September 2010, asook R435 690 en die rente van 10,25% daarop van 21 April 2011 moet betaal.

Die mislukte appèl spruit uit die uitspraak van 25 Oktober 2021 waarin die regter in Karob en Wilke se guns beslis het.

Op 12 November 2021 het GWK appèl op sewe gronde aangeteken, maar dit op 26 April 2022 na 36 gronde uitgebrei waarna betoë op 15 Junie 2022 aangehoor is

Die regsgeding het ontstaan toe GWK in 2008 ’n aansoek teen Karob en Wilke in die hooggeregshof in Bloemfontein ingedien, maar teruggetrek, het.

In 2009 het hulle ’n hofbevel gekry oor die skuldbewys van meer as R12 miljoen wat in 2006 onderteken is.

GWK het ’n voorlopige vonnisbevel teen Karob en Wilke bekom, waarna Karob R3 miljoen en nog ’n bedrag van R435 690 betaal het.

Dit het hulle in staat gestel om GWK se hoofaansoek in die dispuut oor die bepalings en voorwaardes teen te staan.

Die hooggeregshof het op 13 Augustus 2014 in sy uitspraak teen GWK beslis, maar verlof tot appèl toegestaan, wat ’n volbank regters afgewys het vanweë die bevinding dat die skuldbewys oor die rentekoers onduidelik was en GWK nie sy saak bewys het nie.

GWK se daaropvolgende petisie na die Appèlhof is ook afgewys, ook met koste.

Wilke was blykbaar hierna gerus dat GWK as genoteerde maatskappy welvarend is en hy sy geld van voorlopige vonnisbevel ingevolge die laaste hofbevel sou terugkry, maar dit het nie gebeur nie.

Op 10 Januarie 2020 het Karob en Wilke die hooggeregshof in Kimberley genader met ’n aansoek om die voorlopige vonnisbevel met rente van GWK te eis.

Hy voer aan daar is geen regsgronde vir die verontagsaming van die vorige hofbevel nie. GWK het skynbaar volgehou dat hulle steeds geld geskuld word, al beveel die hof wat.

Regter Nxumalo het bevind die betaling van die voorlopige vonnisbevel het “eienaardig genoeg” nie met waarborge gepaard gegaan nie.

Hy het teen GWK se punte van opponering beslis. Die hof kan eerstens nie sy uitspraak uitstel hangende ’n voorgenome teenaansoek van GWK wat nie bestaan of nie ingedien is nie.

Hoewel die lening aan Wilke toegestaan is, was sy trust gemagtig om as agent op te tree en die voorlopige vonnisbevel namens hom te betaal.

GWK het nie destyds beswaar daarteen gemaak nie. Die betaling was deel van ’n interlokutêre geding, wat Wilke in staat gestel het om GWK teen te staan.

Die beginsel van exceptio rei judicatae is van toepassing, wat die onbetwisbare veronderstelling is dat ’n bevoegde hof die finale uitspraak het.

Dié veronderstelling is gegrond op openbare beleid dat litigasie nie eindeloos moet wees waarin dieselfde eis herhaal word nie.

Die applikant se eis het ook nie verjaar nie en dit is prima facie, het die regter bevind.

Die eis is nie vanweë ongeregtigde selfverryking nie, maar om die status quo ante te handhaaf. Die geld is regtens aan hom verskuldig.

GWK het die geld as ’n voorlopige vonnisbevel aanvaar, en nie as afbetaling op ’n lening nie. Dit is dus uitspraakskuld, nie leningskuld nie.

Dit is ontoelaatbaar vir ’n litigant om aan die skuldoorsaak te verander of die doelpale te verskuif nadat sy aansoek afgewys is.

Die aansoeker is onregverdiglik verplig gewees om die hof te nader om die verskuldigde geld te eis.

Nadat die Appèlhof GWK se aansoek om appèl verwerp het, mag GWK nie die geld behou het nie omdat die gronde van die voorlopige vonnisbevel verval het.

besig om te laai... Regstreeks
Garden Route Badgers 158/9
Eastern Cape 158/6
Rand - Dollar
18.07
-0.6%
Rand - Pond
20.16
+0.2%
Rand - Euro
17.68
+0.3%
Rand - Aus dollar
11.58
+0.1%
Rand - Jen
0.12
+0.1%
Goud
1,661.25
+0.0%
Silwer
19.03
0.0%
Palladium
2,166.50
0.0%
Platinum
864.50
0.0%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos