.

Perdepote weerklink op ou spore

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Vergete Grootpad
Die historiese ossewagbrug oor die Oranjerivier by Hopetown is tydens die Diamantstormloop na Kimberley opgerig. Voordat die brug bestaan het moes transportryers van 'n pont oor die rivier gebruik maak en die waens het glo tot drie dae in ’n ry gestaan om ’n beurt op die pont te kry. Dié brug van gietyster en klip is per skip na Suid-Afrika vervoer en het dit baie makliker gemaak om die Oranjerivier oor te steek.
Vergete Grootpad
Hoewel die Gibson-broers se perdekoetsroete in die 1870’s in Kimberley begin het, was die oorsteek van die Oranjerivier die laaste deel van die lang rit na Kimberley. Piet Coetzer en sy reisgenote het die brug Maandag (11 Oktober) simbolies oorgesteek.
Vergete Grootpad
Die perdewa, getrek deur ses swart perde, steek Maandag (11 Oktober) simbolies die historiese brug by Hopetown oor op die vooraand van hul Vergete Grootpad-ekspedisie na Ceres.

Die Vergete Grootpad-ekspedisie is Maandagoggend (11 Oktober) simbolies met ’n perdewa rit oor die historiese ossewabrug oor die Oranjerivier by Hopetown begin.

Op die vierwielperdewa, getrek deur ses swart perde van die Vreugde-Vlaamperdstoetery, was onder andere Piet Coetzer en Raymond Gibson.

Coetzer, van Senekal in die Vrystaat, lei ’n ekspedisie met dié perdewa en perde van Hopetown tot in Ceres, so ver as moontlik op die spoor van die Gibson-broers se perdekoetsroete tydens die Diamantstormloop na Kimberley in die 1870’s. Hulle gaan meestal grondpad ry en beplan om die roete in ongeveer 23 dae klaar te maak. 

Gibson is ’n agterkleinkind van die Gibson-broers van die Red Star Line wat in die 1870’s vinnig naam gemaak het met hul “vinnige” perdekoetsdiens tussen die Wes-Kaap en Kimberley. Nadat Gibson in Junie die berig oor die beplande ekspedisie in Die Burger gelees het, het hy Coetzer gekontak en het hulle idees en inligting uitgeruil. Gibson en sy vrou, Gerda, het spesiaal van die Ceres-omgewing in die Koue Bokkeveld, waar hulle boer, gereis om die eerste paar dae van die ekspedisie in hul eie voertuig wat vir kampeer toegerus is, mee te maak. 

“En waarskynlik weer die laaste paar dae voor hulle in Ceres aankom,” sê Gibson. 

'n Geskiedkundige handdruk tussen Piet Coetzer (regs), wat die Vergete Grootpad-ekspedisie lei, en Raymond Gibson, ’n agterkleinkind van een van die Gibson-broers, wat se roete gevolg word.
Die vier avontuurlustige vriende van die Senekal-omgewing wat Dinsdag amptelik die Vergete Grootpad-ekspedisie aanpak is Klasie Lombard, Shattie van Huyssteen, Gerhard Bosch en Piet Coetzer.
Vergete Grootpad
Die twee agterryers wat die avontuur meemaak, is Small Mafa Botsani en Kantoor Mohapi.

"Het alles wat nodig is om iets reg te maak"

Coetzer en sy reisgenote, Shattie van Huyssteen, Klasie Lombard en Gerhard Bosch, asook die agterryers, Small Mafa Botsani en Kantoor Mohapi, is “gerat” vir dié reis. Hoe ver hulle per dag sal ry, sal deur Minister, Kado, Kommandant, Rakker, Anette en Karnet bepaal word, sê Coetzer. 

Bosch sal logistieke steun vanuit ’n voertuig wat vir die hele reis by die perdewa sal bly, verleen. Bosch sê dat hulle beplan om vroegoggende te vertrek en teen ongeveer 11:00 ontbyt te eet. Kort ná 15:00 wil hulle vir die dag uitspan omdat die perde moet rus, maar uitspantyd sal elke dag deur die dag se roete bepaal word.

Sondae gaan hulle glad nie ry nie en dié dag word ten volle as ’n rusdag gebruik.  

Tuie wat breek is volgens Coetzer die grootste uitdaging wat hulle voorsien, maar teen wind, reën en sonskyn het hulle hulpmiddels.

Vergete Grootpad
Die sonpanele op die perdewa se dak sal die selfone laai.
Vergete Grootpad
Klasie Lombard demonstreer hoe die wasbak gebruik word.
Vergete Grootpad
Die vierwielperdewa was nie ten volle vir die rit oor die historiese brug gelaai nie, maar ’n goeie indruk is gekry van die verskeidenheid items wat saamry.

“Ons het alles wat nodig is om iets reg te maak. Ons ken van regmaak,” sê hy. Sy vrou, Obi, wat hulle tot in Hopetown vergesel het, sê dat hulle al voorheen in baie slegte omstandighede met dié wa en perde na ander dorpe gereis het. 

Oor waarom hulle hierdie rit, waarvan Coetzer en sy vriende al lank droom, juis nou aanpak, sê hy: “Ons kan sê om terug te gaan in tyd. Om lekker vakansie te hou. Of dit, of dat. Maar ons doen dit omdat ons wil en omdat ons kan. Ons het perde. Die wa. Gesondheid.”

Coetzer en sy reisgenote is ook dankbaar vir elke individu en onderneming wat hulle op een of ander manier geborg en ondersteun het. Vroeër vanjaar, tydens ’n verkenningstog, het hulle oral langs die beplande roete en in dorpe mense leer ken, en weet hulle waar die geskikste plekke vir kamp-opslaan sal wees; waar waterpunte is, voer vir die perde en waar voorraad aangevul kan word.

Van Hopetown, waaruit hulle Dinsdag (12 Oktober) vertrek, strek die roete deur Strydenburg, Vosburg, Loxton, Fraserburg, Sutherland, Verlatenkloof, die Tankwa-Karoo, deur die Karoo-poort tot by Ceres. 

Coetzer sê dat hulle danksy vorige beriggewing oor die ekspedisie ongelooflik baie reaksie van mense gekry het en dat hulle selfs in sommige dorpe mense wat hulle gekontak het, gaan ontmoet.

Die selfone, om WhatsApp-boodskappe te stuur, sal met behulp van sonpanele gelaai word en wanneer daar wel selfoonopvangs is, belowe hulle om inligting op die WhatsApp-groep te plaas.

Die reis kan ook op die Facebook-blad Vergete Grootpad 2021 gevolg word.    

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
15.06
-0.0%
Rand - Pond
20.68
-0.1%
Rand - Euro
17.47
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.30
+0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.3%
Goud
1,800.26
+0.2%
Silwer
24.07
+0.0%
Palladium
1,981.00
+0.8%
Platinum
1,018.00
+0.6%
Brent-ruolie
84.58
-2.1%
Top-40
60,874
0.0%
Alle aandele
67,475
0.0%
Hulpbronne 10
63,082
0.0%
Industriële 25
87,253
0.0%
Finansiële 15
14,054
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos