.

Politieke leiers besoek provinsie

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister

Die politieke leiers van die ANC én die DA het vandeesweek hul visier op die Noord-Kaap gerig as deel van hul veldtogte vir 1 November se munisipale verkiesings.

Pres. Cyril Ramaphosa het Kimberley Maandag (11/10) besoek.

Charles Smith berig dat tydelike gesondheidswerkers ’n memorandum aan Ramaphosa oorhandig het waarin hulle dreig om alle klinieke in die stad te sluit indien hulle nie as permanente werkers aangestel word en terugbetalings kry nie. Die swak dienste in die gebied is onder Ramaphosa se neus gevryf. Paaie is swak, riool vloei in die strate en die informele gebiede het nie krag, water of riooldienste nie. Inwoners van Lerato Park sê hulle moet rioolvuil in die veld weggooi en soos “diere in die veld lewe”.

Ramaphosa sê die ANC soek kandidate “wat nie geld steel nie” en het belofte van nuwe huise in Homevale gemaak.

Vanuit Upington, berig Anena Burger, het John Steenhuizen, DA-leier, gesê dat lewering van dienste in Noord-Kaapse dorpe herstel moet word.

“Jy kan nie goeie dienslewering hê as jy korrupsie in die munisipaliteit het nie, want dan bestee hulle die geld aan raadslede en projekte wat ANC-lede ryk maak,” sê hy.

Hy het op swak dienslewering en beweerde korrupsie in die Dawid Kruiper-munisipaliteit gefokus; en sê geld vir munisipaliteite moet nie gesteel word nie; regte mense moet in die regte poste aangestel word en deeglike en nougesette bestuur moet toegepas word.

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.81
+0.5%
Rand - Pond
20.42
-0.0%
Rand - Euro
17.27
+0.3%
Rand - Aus dollar
11.11
-0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Goud
1,799.30
+0.4%
Silwer
24.39
+0.2%
Palladium
2,056.00
+1.6%
Platinum
1,041.00
-0.2%
Brent-ruolie
85.53
+1.1%
Top-40
60,580
+0.0%
Alle aandele
67,172
+0.0%
Hulpbronne 10
63,244
+0.1%
Industriële 25
86,436
-0.4%
Finansiële 15
13,915
+1.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos