.

Potpourri: Vat dit dag vir dag

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister

Iemand het eendag gesê dat dit een jaar en een dag neem om van geweldige trauma te herstel.

Gedurende die eerste jaar verwys ’n mens telkemale na ’n jaar gelede. ’n Verjaardag. ’n Kersfees. ’n Huweliksherdenking. Iets spesifieks wat ’n jaar gelede op ’n spesifieke dag gebeur het.

Dit is ’n normale reaksie.

Ná een jaar en een dag word hierdie redenasie moeiliker.

Die herstel van erge trauma verskil van mens tot mens. Vir sommiges neem dit een jaar en een dag. Vir ander neem dit langer.

Sommiges herstel nooit.

Die gemiddelde mens neem gewoonlik twee jaar om in ’n mate van geweldige trauma te herstel.

Daar is iets unieks omtrent twee jaar. Asof emosionele wonde ná twee jaar effens minder sensitief is. Die wonde sal altyd daar wees. So ook die sensitiwiteit. Maar dit is asof dinge ’n klein bietjie meer draaglik word.

As ’n mens ’n goeie ondersteuningsnetwerk het, bly hierdie individue aktief in jou lewe terwyl jy die pad na emosionele herstel aandurf. Sonder hulle sou jy waarskynlik nooit gevorder het nie.

Dit voel nie altyd so nie, maar die tyd gaan verby. Die son kom op. Die son gaan onder.

Tydens geweldige trauma smag jy daarna dat die wêreld vir ’n oomblik moet wag totdat jy beter voel. Nie weke of maande nie. Net ’n dag of twee.

Maar dit gebeur nie.

Wees geduldig. Voordat jy dit besef, is twee jaar verby.

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.81
+0.6%
Rand - Pond
20.42
+0.2%
Rand - Euro
17.27
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.11
-0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.3%
Goud
1,803.60
+0.5%
Silwer
24.48
+0.5%
Palladium
2,047.50
+0.4%
Platinum
1,045.50
+0.1%
Brent-ruolie
85.53
+1.1%
Top-40
60,580
+0.0%
Alle aandele
67,172
+0.0%
Hulpbronne 10
63,244
+0.6%
Industriële 25
86,436
-0.5%
Finansiële 15
13,915
+0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos