.

Twyfelhoekie: Egtheid altyd ’n aangename verrassing

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister

’n Mens ken ook maar net van mense wat ’n mens van hulle ken.

Nog een van Oupa se wyshede wat hy op die lang pad deel.

Die kilometers snel verby terwyl ons gesels.

“Daardie een was ook maar nie wie ’n mens gedink het hy is nie.”

Hy veroordeel nie. Maak niemand af nie.

Verduidelik doodgewoon hoe ’n mens soms agterkom iemand is anders as wat jy gedink het.

Mense verskil. Elkeen is anders.

Juis daarom dat dit nie so maklik is om die binnekant van ’n ander te bepaal nie.

Ons gesels spesifiek oor hoe anders dinge soms uitdraai as wat ’n mens wil hê; anders as wat ’n mens beplan.

Maar dan kom ons terug na die punt wat hy aanvanklik gemaak het: Soms belê ’n mens in iemand net om later agter te kom hulle is nie wie jy gedink het hulle is nie.

Dit kan ’n positiewe ontdekking wees wanneer jy iemand beter leer ken. Jy kan verras wees om te ontdek dat daar baie meer positiewe in jul ontmoeting was as wat jy sou erken.

Daar is ook ’n ander kant. Soms kan jy ontnugter wees deur iemand wat nie is wie en wat jy gedink het hulle is nie. So beleef ons dit maar almal.

Hoekom is dit belangrik?

Sy antwoord is diep; daag my uit om te besin: Is ons wie mense dink ons is?

Ek moet daaraan werk om eg te wees.

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.63
+0.9%
Rand - Pond
20.11
-0.0%
Rand - Euro
16.95
-0.0%
Rand - Aus dollar
10.84
-0.0%
Rand - Jen
0.13
+0.0%
Goud
1,767.60
0.0%
Silwer
23.32
+0.0%
Palladium
2,075.53
0.0%
Platinum
1,059.00
0.0%
Brent-ruolie
84.86
+1.0%
Top-40
60,494
+0.2%
Alle aandele
67,029
+0.3%
Hulpbronne 10
64,347
-0.1%
Industriële 25
84,819
+0.7%
Finansiële 15
13,961
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos