.

Vetplantkenner mik na rekord

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister
Susan van der Merwe van Kuruman versorg haar vetplante. Foto: Verskaf

Die Arkvader, Noag, se grootste nalatenskap was die wingerdlootjies wat hy van die vloed gered het.

Oor die wêreld heen word die korrels, rosyntjies en sap as smaakgenot ervaar. Holland se tulpe is vir die kykgenot en Suid-Afrika se vetplante is vir die sielsgenot. Op balkonne en vensterbanke van bejaardes staan ’n vetplantjie, iets wat al meer as geskenk gegee word.

Susan van der Merwe van Kuruman se vetplantverslawing het begin toe die buurman oorkant die straat haar ’n paar vetplante gegee het. Daar is opgelees en foto’s bekyk.

Twee jaar later het sy bykans 150 spesies in haar tuin. Dit is bekom deur te bedel, te ruil en te koop. Sy ken elke plantjie by die naam, asook sy natuurlike habitat en waar hy by haar tussen sy maters staan. Dié uit warmer gebiede word binnenshuis teen Kuruman se koue beskerm.

Sy brei steeds uit en mik vir die Guiness Book of Records.

Deel van die genot vir dié versamelaar is die ogie uit die moederplant, wat groei tot volle wasdom om uitgeplant te word en elders sielsgenot te verskaf.

Suid-Afrika se vetplante is wêreldwyd bekend. In die botaniese tuin in Sydney, Australië, is ’n gedeelte met Suid-Afrikaanse vetplante beplant.

Beskrywende name is volop: Kanniedood (ook gesê van ‘n oeroue mens), Bababoudjies, Bobbejaanstert, Beestong, Half-mens, Botterboom, Katbos en Kambro.

Anton Esterhuyse, Kuruman

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.81
+0.4%
Rand - Pond
20.42
-0.1%
Rand - Euro
17.27
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.11
-0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Goud
1,801.40
+0.5%
Silwer
24.41
+0.3%
Palladium
2,063.50
+2.0%
Platinum
1,043.50
+0.1%
Brent-ruolie
85.53
+1.1%
Top-40
60,580
0.0%
Alle aandele
67,172
+0.0%
Hulpbronne 10
63,244
+0.2%
Industriële 25
86,436
-0.5%
Finansiële 15
13,915
+1.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos