.

Vrywilligers slaan saam vure dood

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister
By die twee nuwe brandspuite wat geskenk is, is van links Sanet Burger, Almero du Pisanie (Gransolar) en Lani de Klerk. Foto: Verskaf

Sedert Mei het ’n brandbestrydingsgroep reeds ongeveer 40 brande in en om Daniëlskuil en op omliggende plase geblus.

Die DK-brandspan, wat spontaan uit die Daniëlskuil-gemeenskap ontstaan het, was onder meer ook vyf dae lank betrokke by die bestryding van die brande wat onlangs in die Koopmansfontein-gebied gewoed het.

Volgens Lani de Klerk, ’n betrokkene by die brandspan, help die span vrywilligers waar hulle kan. Aangesien die Kgatelopele-munisipaliteit nie brandweerdienste het nie, het hulle besef dat brandbestryding ’n georganiseerde poging sal moet raak.

’n Brandspan, bestaande uit onder andere mense wat hul eie brandspuite het, is toe gestig. Die munisipaliteit het ook vier mobiele brandspuite, wat herstel moes word, aan die brandspan geskenk, en ’n groot maatskappy in die omgewing het twee nuwe spuite geskenk.

Om dié spuite te herstel, en om algemene uitgawes te help delg, is ’n 4 x 4-geleentheid op 2 Oktober aangebied op ’n baan wat deur Hardy Herbst en sy vrou, Joey, ontwerp en voorberei is. ’n Potjiekoskompetisie is ook gehou.

Volgens De Klerk het die vrywilligers baie uitgawes uit eie sak wanneer hulle by brandbestryding betrokke is. Benewens die brandstof van die voertuie wat soms ver afstande moet aflê, het die brandspuit ook brandstof nodig. Boonop word voertuigbande gereeld beskadig wanneer daar tydens brandbestryding deur die veld gery word.

“Kaltire in die dorp het aangebied om die bande van die voertuie gratis reg te maak.”

De Klerk sê die brandspan kan nie sonder die onbaatsugtige betrokkenheid van die gemeenskap funksioneer nie. Talle individue en ondernemings lewer op die een of ander manier ’n bydrae.

“Soos dié wat kos, drinkgoed, lipsalf en oogdruppels – waarsonder ons nie kan werk nie – aandra. Wanneer ons uitgeroep word, is daar nie tyd om kos en ander artikels te pak nie.”

Die brandspuite word op ’n sentrale plek gestoor, en wanneer daar ’n noodroep vir brandbestryding is, kommunikeer die brandspan vinnig deur onder meer ’n WhatsApp-groep. Die brandspuite kan op verskeie punte in en om die dorp gratis vol water gemaak word.

  • Belangstellendes kan De Klerk by 072-185-2476 bel.
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.60
+1.1%
Rand - Pond
20.07
+0.6%
Rand - Euro
16.94
+1.1%
Rand - Aus dollar
10.83
+1.1%
Rand - Jen
0.13
+1.6%
Goud
1,767.22
-1.6%
Silwer
23.32
-0.9%
Palladium
2,076.50
-3.1%
Platinum
1,060.26
-0.1%
Brent-ruolie
84.00
+1.0%
Top-40
60,494
+0.2%
Alle aandele
67,029
+0.3%
Hulpbronne 10
64,347
-0.1%
Industriële 25
84,819
+0.7%
Finansiële 15
13,961
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos