.

Ysterreuse se toekoms belowend

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
King Bakang Seinolo en Peter Odell het een van die stoomlokomotiewe na Seinolo se meisie, Luci-ann Zee Korke genoem. Sy het dit nie verwag nie en was uiters verras.
King Bakang Seinolo en Peter Odell het een van die stoomlokomotiewe na Seinolo se meisie, Luci-ann Zee Korke genoem. Sy het dit nie verwag nie en was uiters verras.
Foto: Verskaf
King Bakang Seinolo gooi steenkool van die lokomotief se dak.

Die stoomtreingeesdriftigies van links Peter Odell, Miriam Seinolo, King Bakang Seinolo, Primrose Seinolo en klein Resego Seinolo.

King Bakang Seinolo, wat pas die teoretiese gedeelte van sy studies in toerismebestuur voltooi het, het die afgelope Saterdag (03/09) drie van sy dosente aan stoomtreine en die moontlikhede wat dit vir toerisme-bevordering en werkskepping inhou, voorgestel.

Hy is ’n student op die Phatsimang-kampus in Galeshewe, wat een van die kampusse van die Northern Cape Urban TVET College is.

Seinolo het ook sy ma, ouma en jonger broer saamgebring om die ysterreuse in Beaconsfield te bewonder.

Hy en Peter Odell, voorsitter van die Steamnet 2000-klub, het een van die stoomlokomotiewe na Seinolo se meisie, Luci-ann Zee Korke, vernoem. Sy was onbewus van die eerbetoon, en was uiters verras toe die naam onthul is. Sy het almal bedank wat die verrassing help reël het.

Seinolo het ook saam met Odell en ander geesdriftiges die Sianni-stoomlokomotief in die Beaconsfield-depot aangesteek om die meganika na te gaan om 'n veiligheidsertifikaat te bekom.

Peter Odell het King Bakang Seinolo 'n paar jaar gelede op Facebook ontmoet toe hy sien die jong man is gek oor treine en hom genooi om by hulle aan te sluit.


“Ek is op soek na geleenthede vir indiensopleiding om my diploma te verkry,“ sê Seinolo.

“Dit sou wonderlik gewees het as die Noord-Kaap sy eie werkende stoomtrein met toeriste aan boord gehad het waarop ek kon werk. Die lokomotief bied natuurlik ook geleenthede vir indiensopleiding vir vakmanne soos ketelmakers en ingenieurs.

“Dit is hartseer dat ons regering hulle nie eintlik aan die goue geleentheid steur nie. Daar is stoomtreine in KwaZulu-Natal en die Wes-Kaap, maar nie hier nie."
King Bakang Seinolo

"Ons het die lokomotiewe en die landskap wat toeriste kan bewonder. Dit is verstommend om te dink dat ons kinders, veral in die townships, glad nie weet hier is ou treinwaens of pragtige lokomotiewe nie. Hulle sien treine net op TV sonder dat hulle al ooit self op enige trein in hul lewe gery het,” sê Seinolo.

Sy drie dosente, Masego Matlhaba, Siyanda Dyonase en Siphosethu Saliwa, wat nog nooit 'n stoomlokomotief in stoom gesien het nie, was in vervoering. Hulle het ook 'n skenking aan die klub gemaak.

Dyonase sê as die regeringsdepartemente en die toerismesektor saamwerk om die voorstel om stoomlokomotiewe in die Noord-Kaap te laat ry, kan toerisme groot geleenthede vir studente en oorsese toeriste bring.

“Ons het sowat 250 toerismestudente, van wie baie hul indiensopleiding op die trein kan doen.”

Matlhaba was in vervoering oor die ysterreus.

“Ek het nog nooit so iets gesien nie, nog minder het ons studente. Ek besef weer eens hoe ryk Kimberley aan geskiedenis is, en hoe toeriste dit kan geniet. Dit is een van die min plekke in Afrika waar stoomtreine is. Dit bied 'n buitengewone en spesiale belewing soos geen ander nie aan toeriste.”

Odell sê hulle het die lokomotief se werking getoets en probleme met ’n reguleerder ervaar, wat reggestel is.

“Die lokomotiewe moet veilig wees om sertifikate te bekom. Dit kos egter baie geld om die lokomotief aan te steek. Niemand skenk vir ons geld nie, en al minder mense werk naweke saam met ons om die lokomotiewe in stand te hou.”

Hy het die Noord-Kaapse regering en amptenare van die departement van finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme al vele kere genooi om na die lokomotiewe te kyk. Hy wou moontlikhede met hulle bespreek dat die stoomlokomotief op sekere Noord-Kaapse spoorlyne kan ry. Hy is al moedeloos oor die gebrek aan belangstelling.

“Ons het twee lokomotiewe, maar die rytuie moet opgeknap word, wat geld kos. Die moontlikhede vir toerisme wat vele werksgeleenthede en geleenthede vir entrepreneurs inhou, is oneindig.”

Hy sê as elkeen van die 20 of 30 mense wat Saterdag na die lokomotief gekyk het, 'n skenking kon maak, sou dit baie gehelp het om onderdele en steenkool te koop, wat baie duur is.

Saterdag (03/09) het 'n paar geesdriftiges een van die stoomlokomotiewe in Kimberley se meganika nagegaan en getoets.

Van links is Masego Matlhaba en Siyanda Dyonase, albei dosente, King Bakang Seinolo, student, en Siphosethu Saliwa, dosent. Dit was die eerste keer dat die toerismedosente van die Phatsimang-kollege 'n stoomtrein gesien het.

besig om te laai... Regstreeks
Garden Route Badgers 158/9
Eastern Cape 158/6
Rand - Dollar
18.07
-0.6%
Rand - Pond
20.16
+0.2%
Rand - Euro
17.68
+0.3%
Rand - Aus dollar
11.58
+0.1%
Rand - Jen
0.12
+0.1%
Goud
1,661.25
+0.0%
Silwer
19.03
0.0%
Palladium
2,166.50
0.0%
Platinum
864.50
0.0%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos