.

OB betrap Sol Plaatje-werkers wat onwettig residu stort

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die waarnemende Openbare Beskermer en Noord-Kaapse regeringsamptenare besoek die Gogga-rioolpompstasie buite Kimberley om vas te stel watter probleme opgelos moet word.
Die waarnemende Openbare Beskermer en Noord-Kaapse regeringsamptenare besoek die Gogga-rioolpompstasie buite Kimberley om vas te stel watter probleme opgelos moet word.
Foto: Verskaf
Adv. Kholeka Gcaleka, waarnemende Openbare Beskermer, berispe munisipale werkers wat betrap is dat hulle rioolreste uit die pypnetwerk onwettig in die veld gestort het.

Adv. Kholeka Gcaleka, waarnemende Openbare Beskermer (OB), gaan Kagisho Sonyoni, uitvoerende burgemeester van die Sol Plaatje-munisipaliteit in Kimberley en ander amptenare fyn dophou om te verseker dat hul voornemens om die wanfunksionele rioolstelsel reg te ruk, gestalte kry.

Dit kom nadat sy vandeesweek ’n ooreenkoms met dr. Zamani Saul, Noord-Kaapse premier, onderteken het om samewerking tydens haar ondersoeke meer vlot te laat verloop.

Een van haar kwellings is die onveilige toestande van munisipale infrastruktuur nadat Onkarabile Thole (8) in September vanjaar in ’n oop put naby die Gogga-pompstasie verdrink het. Sy familie het ’n klagte by die OB ingedien.

Kort ná die ondertekening van die ooreenkoms het die afvaardiging tydens ’n ondersoek ter plaatse munisipale werkers betrap wat onwettig residu van die Gogga-rioolpompstasie in die veld stort.

Die waarnemende OB, toe adjunk-OB en Busisiwe Mkhwebane, geskorste OB, het die stad in Februarie besoek en hul frustrasie uitgespreek oor die traagheid van regeringsdepartemente om met die OB se ondersoekers saam te werk.

Die OB se kantoor is reeds meer as ’n jaar besig met ’n ondersoek na die munisipaliteit se rioolprobleme. Die gebied waar die seuntjie verdink het, word gereeld deur voetgangers tussen woonbuurte gebruik. Gevaarlike plekke rondom die pompstasie is nie afgesper nie.

Volgens Ndlili Msoki, OB-woordvoerder, is hulle bemoedig deur die munisipaliteit se voorneme om die seuntjie se familie geldelik by te staan en berading te verskaf.

“Die samewerkingsooreenkoms verseker dat ons ondersoekers hulle direk na die premier kan wend indien departemente of LUR’s nie saamwerk nie. Dit verseker dat ondersoeke vinniger afgehandel kan word omdat amptenare verplig is om ons vrae spoedig te beantwoord.”

Gcaleka, Saul en Sonyoni het ook die R31-pad inspekteer waar riool- en varswater uit lekkende pype ‘n groot dam laat ontstaan het. Die departement van paaie en openbare werke was verplig om ’n gedeelte van die pad teen groot onkoste met een-en-’n-half meter te lig.

“Die OB is verheug dat vordering sedert haar laaste besoek vroeër vanjaar gemaak is. Die munisipaliteit het regstellende stappe begin doen om die gevolge van die massawater te versag. Dit is verblydend dat amptenare nie eers wag vir ons aanbevelings wag voordat hulle self optree nie,” sê Msoki.

Tydens die besoek het die geselskap by die problematiese Gogga-pomp aangedoen. In die veld het hulle munisipale werkers betrap wat onwettig reste uit die rioolstelsel in die veld gestort het. Die burgemeester het die werkers dadelik aangespreek.

“Die munisipaliteit kan nie die gemeenskap verwyt oor afval wat in die vloedwater- en rioolpyplynnetwerk gegooi word as hulle self skuldig aan onwettige storting is nie.”

Met die OB-amptenare se besoek vroeër vanjaar was die spanning tussen haar personeel en amptenare duidelik. Saul het selfs na dit as “kreatiewe spanning” verwys. Die R31-roete en lekkende pypnetwerk was ’n groot besprekingspunt, asook die versuim van provinsiale en munisipale owerhede om die OB se aanbevelings in vorige ondersoeke toe te pas.

Mkhwebane het toe gesê “die vervalle grootmaat-infrastuktuur moet vervang word. Die probleem met die lekkende water is in 2002 geïdentifiseer en sou destyds R1 miljard gekos om te herstel. Omdat dit nie destyds gedoen is nie, gaan dit nou R5 miljard kos om die pypnetwerk op te knap.”

Sy en Gcaleka het die sweep na die regering oor die “gebrek aan leierskap” en “onwilligheid onder amptenare” geklap en hul teleurstelling uitgespreek dat Sonyoni nie teenwoordig was nie.

Hulle het ‘n omvattende verslag en regrukplan binne weke van die premier geëis oor stappe wat gedoen word om die probleem op te los. Die verslag is nooit ingedien nie, maar 'n vergadering is in Augustus vanjaar gehou om die vordering te bespreek.

Monwabisi Nkompela, woordvoerder van die premier se kantoor, sê die doelwit van die jongste samewerkingsooreenkoms is om effektiwiteit te verbeter.

“Ons wil duplisering van werk vermy sodat hulpbronne optimaal benut kan word. Ons moet saam bedrog, korrupsie, wanadministrasie en wanpraktyke uitroei om dienslewering in die provinsie effektief te maak. Die provinsiale regering is daaraan toegewy om deursigtig, verantwoordbaar en eties op te tree.”

Rand - Dollar
17.11
-0.1%
Rand - Pond
20.63
+0.5%
Rand - Euro
17.73
+0.5%
Rand - Aus dollar
11.45
+0.8%
Rand - Jen
0.12
-0.2%
Goud
1,751.70
-0.4%
Silwer
21.23
-1.0%
Palladium
1,853.50
-0.2%
Platinum
978.01
-0.6%
Brent-ruolie
83.63
-2.0%
Top-40
66,754
0.0%
Alle aandele
73,151
0.0%
Hulpbronne 10
71,441
0.0%
Industriële 25
87,347
0.0%
Finansiële 15
16,370
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos