.

Sakeman beroof by winkelsentrum

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Een van die vermeende rowers by die wegkommotor.
Een van die vermeende rowers by die wegkommotor.
Foto: Skermgreep

‘n Sakeman is Maandag (10/01) helderoordag tydens ‘n gewapende rooftog op die parkeerterrein van die Mokala Mall-inkopiesentrum in Kuruman van sigarette en ’n onbekende bedrag geld beroof.

In ’n sekuriteitsvideo van die voorval kan gesien word hoe die verdagtes die niksvermoedende man omsingel. Een benader hom van agter en die ander een van voor. Hulle dreig hom met hul vuurwapen en vat die twee houers, waarvan een ’n boks is, uit sy hande. Hulle voel ook aan sy broeksakke. Dan jaag hulle met hul sedanmotor uit die parkeerterrein.

Volgens ’n inwoner loop die sakeman daagliks dieselfde paadjie, wat die rowers moontlik geweet het. “Die slagoffer is van geld en sigarette beroof. Die rowers is ewe nonchalant wanneer hulle van die man wegloop en in hul geparkeerde motor klim voor hulle wegjaag. Daar was nie eens ‘n derde man agter die stuurwiel nie. Alles het voor die sekuriteitskameras gebeur. Dit is skrikwekkend, want inwoners beskou die inkopiesentrum as ‘n baie veiliger plek as die middedorp, wat ‘n misdaadnes is.”

Volgens kapt. Mosimaneotsile Letsapa, polisiewoordvoerder, het die voorval omstreeks 10:00 gebeur. “Die slagoffer is deur twee mans oorval. Hulle het hom met vuurwapens gedreig waarna hulle met hul buit in ’n motor gevlug het. Geen inhegtenisnames is nog gemaak nie, maar die polisie is besig met ’n ondersoek.

"Enigeen met inligting kan die polisie by 053-712-9800 bel of ’n teksboodskap aan 32211 stuur. Inligting sal streng vertroulik hanteer word,” sê hy.

 

besig om te laai... Regstreeks
Sri Lanka 280/9
Zimbabwe 302/8
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
15.48
-0.6%
Rand - Pond
21.03
-0.2%
Rand - Euro
17.55
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.13
-0.3%
Rand - Jen
0.14
-0.7%
Goud
1,813.20
-0.3%
Silwer
23.42
+1.7%
Palladium
1,905.50
+1.5%
Platinum
987.50
+1.1%
Brent-ruolie
86.48
+0.5%
Top-40
68,282
-0.9%
Alle aandele
74,956
-0.8%
Hulpbronne 10
74,510
-0.3%
Industriële 25
94,294
-1.3%
Finansiële 15
15,338
-1.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos