.

Weerlig tref aftree-oord

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Weerlig
Die verkrummelde bakstene het 34 m ver getrek en op plaveisel en op skadunette bokant geparkeerde motors beland.

Inwoners van die Minerva Gardens-aftreeoord in Kimberley is Donderdagmiddag (09/12) erg geskok gelaat nadat weerlig ’n gewel van ’n woonstelgebou afgeslaan en bakstene laat verkrummel het. 

Benewens die gewel het ’n hele stuk van die baksteenmuur verkrummel. Stukke baksteen van die dubbelverdiepinggebou het 34 m ver getrek. Die geëlektrifiseerde heining se alarm is ook getref en die sirene het heeltyd afgegaan. Niemand is in die voorval beseer nie.

Die gebou bevat enkelwoonstelle en kamers vir verswakte bejaardes.

Elizabeth Hendricks, wat in ’n enkelverdiepingwoonstel bly, sê sy het ’n harde slag gehoor, en hoe die bakstene na benede stort. Sy het uitgehardloop en bakstene oor die plaveisel sien lê. Van die stukke het op die afdakke bokant geparkeerde motors beland.

“Dit was pas nadat ’n swaar reënbui uitgesak en die weer effe opgeklaar het. Toe hoor ek die stene val; dit was asof die bakstene ontplof het. Ek was erg geskok. 

“Eers was ek te bang om uit te kom, totdat ek die ander inwoners sien uitkom het. Dit is toe wat ek my seun bel om te kom kyk.”

Heleen Pretorius sê sy het pas van vakansie teruggekeer en het by haar sussie in die Stillerweë-aftreeoord gaan kuier. “Die weer was erg, toe kom ek maar huis toe. Ek was pas hier toe hoor ek die slag. Ek het dadelik uitgekom, maar die ander inwoners het geskok bly sit.”

Adele Groenewald-Shields, tesourier van die oord, sê hulle het reeds die versekeraar in kennis gestel. 

“Die DStv-ontvangs van al die woonstelle is uitgeslaan. Ons sal dadelik ’n kontrakteur laat uitkom om te sien wat die skade aan die nok en dak is. Ons is onseker of reënwater daar gaan inloop, want dan sal die betrokke woonstelle ontruim moet word. 

“Ek gaan ook die buitedeure sluit om mense weg te hou, want dalk kan nog bakstene uitval.”

Sy moet ook nog bepaal of van die motors beskadig is. 

Weerlig
Heleen Pretorius kyk na die skade aan die gewel en buitemuur van die woonstelgebou waarin sy bly.

Weerlig
Die gewel en 'n stuk van die buitemuur is deur die weerlig afgeslaan.

besig om te laai... Regstreeks
Sri Lanka 178/4
Zimbabwe 302/8
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
15.46
-0.5%
Rand - Pond
21.00
-0.1%
Rand - Euro
17.56
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.11
-0.2%
Rand - Jen
0.13
-0.5%
Goud
1,813.71
-0.3%
Silwer
23.35
+1.4%
Palladium
1,903.50
+1.3%
Platinum
981.00
+0.5%
Brent-ruolie
86.48
+0.5%
Top-40
68,282
-0.9%
Alle aandele
74,956
-0.8%
Hulpbronne 10
74,510
-0.3%
Industriële 25
94,294
-1.3%
Finansiële 15
15,338
-1.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos