.

Messteek-verdagte gearresteer ná pa en seun hom uitken

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto ter illustrasie.
Foto ter illustrasie.
123RF/Markus Schnessl

'n Verdagte wat vermoedelik by die messteekvoorval verlede Woensdag by die privaat koshuis in Paarl betrokke was, is gisteroggend met die hulp van 'n buurtwag in hegtenis geneem.

Paarl polisiewoordvoerder, kapt. Louise du Plessis, het die Paarl Post in kennis gestel dat 'n verdagte in verband met die saak Woensdagoggend in hegtenis geneem is. "Die verdagte wat deur 'n buurtwag na die polisiestasie toe gebring is, is deur die klaers in die saak uitgeken.

"Die verdagte sal môre (Vrydag) sy verskyning in die Paarl-landdroshof maak," bevestig Du Plessis.

Dit, ná die pa en seun ernstige messteekwonde opgedoen het toe hulle verlede Woensdag in die private Skatkis-koshuis in Paarl se Hoofstraat aangeval is. Hierna, sê hy, is hy as verdagte bestempel te midde van “tragiese misverstande van samevloeiende omstandighede”.

Tielman Germishuys het aan Paarl Post vertel dat hy en sy seun albei slagoffers is van ’n bloederige huisinbraak, wat deur sommige mense in die gemeenskap as gesinsgeweld afgemaak is.

“Die samevloeiing van omstandighede het hope trauma en skade aan my, my familie en my onderneming se reputasie berokken, bo en behalwe die bestaande traumatiese beserings wat ons in die voorval ervaar het.”

Volgens ’n verklaring wat namens Germishuys hieroor uitgereik is, het die voorval op 23 November omstreeks 23:30 plaasgevind.

Germishuys se seun, ’n gr. 11-leerder, wat wakker was en laat studeer het, het die aanvaller in die kombuis aangetref. Germishuys het reeds geslaap, maar het wakker geword weens ’n bakleiery en ’n geskree.

Hy het probeer om die aanvaller te oorrompel, maar die aanvaller het daarin geslaag om van die toneel af te vlug deur oor ’n hoë hek te spring.

In die struweling is beide Germishuys en sy seun ernstig beseer deurdat hulle verskeie kere met ’n mes gesteek is.

Die inbreker het na bewering deur ’n oop deur toegang tot die koshuis verkry, en het oomblikke later weer deur dieselfde ingang ontsnap.

Hulle is na die Mediclinic Paarl gehaas vir noodbehandeling.

Germishuys sê hy was byna oortuig dat hulle nie die hospitaal betyds sou bereik nie. “Daar was so baie bloed; ek het gedink ons sou doodbloei voordat ons die hospitaal haal,” vertel hy.

“Albei my bene is geopereer. My regterknieskyf se ligamente is erg beskadig en my linkerbeen was tot op die been oopgesny. My seun se ken is oopgesny toe die aanvaller vermoedelik vir sy keel gemik het. Sy long is ook deur die mes deurboor.”

Ná die voorval en terwyl hulle in die hospitaal was, het lede van die Paar-polisie die familie ondervra.

In die verklaring word skok uitgespreek oor toe berig is hulle het geweier om verklarings aan die polisie af te lê.

“Dit word kategories ontken aangesien hy met die polisie saamgewerk het van die eerste verslag wat gegee is,” lui die verklaring.

Germishuys het selfs vrywillig op 26 November ’n poligraaftoets ondergaan om die feite te verifieer en, volgens die verklaring, is onvoorwaardelik bevind dat Germishuys eerlik was toe hy sy weergawe van die gebeure verskaf het.

Hierdie opeenhoping van omstandighede behels onder meer WhatsApp-boodskappe oor die geval, wat Donderdagoggend wyd op gemeenskapsgroepe versprei is.

Dit het gelei tot ’n Facebook-inskrywing deur die administrateur van die Paarl Pals-groep, Ilde Naude-Meyer, wat melding van die voorval gemaak en ’n waarskuwing oor toenemende misdaad in die gebied gedeel het.

Kapt. Louise du Plessis, ’n woordvoerder van die Paarl-polisie, bevestig: “Die Paarl-polisie het die aand van 23 November by ’n skoolkoshuis in Hoofstraat, Paarl, aandag gegee waar die inwoners van die huis in ’n beweerde onderonsie met ’n inbreker op die perseel betrokke was.

“Die Paarl-polisie het geen verklarings van die slagoffers gekry nie weens die aard van mediese behandeling wat by die hospitaal ontvang is, maar die voorval is vir verdere ondersoek deur die polisie geregistreer.”

Verklarings is verkry en bewyse wat op die toneel ingesamel is, is bewaar vir verdere ondersoek. Klagtes van aanranding en poging tot huisbraak word ondersoek.

As voormalige predikant van 17 jaar en huidige koshuisvader van Skatkis, sê Germishuys hy is onverpoos besig om gepaste stappe te neem nadat soveel skade deur vals stories veroorsaak is.

“Ek het gereël dat my seun sielkundige behandeling ondergaan, sowel as berading vir enige kinders wat trauma op die toneel opgedoen het.”

Tog is talle ouers wie se kinders in die koshuis woon besorg oor veiligheid op die perseel.

In reaksie sê Germishuys hy het reeds ’n veiligheidsoudit op die koshuis se perseel versoek.

“Sodra die oudit gedoen is, sal ek enige aanbevelings om die perseel nog meer te beveilig, toepas om die inwoners van die koshuis en hul ouers gerus te stel.”

Dit is na bewering die tweede messteekvoorval wat in die afgelope twee weke in Noorder-Paarl aangemeld is.  

  • A local high school learner and his father were allegedly stabbed by a man late on Wednesday evening (23 November) in Main Road, Paarl. Warnings and posts about the incident circulated on social media. Paarl police spokesperson Capt Louise du Plessis said police attended the scene at a hostel in Main Road, Paarl, on 23 November and a case of attempted burglary and assault is being investigated.

besig om te laai... Regstreeks
Derby County 0
West Ham United 2
Rand - Dollar
17.41
-1.2%
Rand - Pond
21.50
-0.6%
Rand - Euro
18.89
-0.9%
Rand - Aus dollar
12.29
-0.4%
Rand - Jen
0.13
-0.5%
Platinum
1,009.02
-0.4%
Palladium
1,637.70
-0.5%
Goud
1,922.40
-0.3%
Silwer
23.59
-0.1%
Brent-ruolie
86.66
-0.9%
Top-40
74,344
-0.6%
Alle aandele
80,325
-0.6%
Hulpbronne 10
77,934
+0.1%
Industriële 25
102,701
-1.1%
Finansiële 15
16,323
+0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos