.
Deel

Bejaarde egpaar bewoë oor huis

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Dit was ’n oorweldigende oomblik vir ’n bejaarde paartjie, wat albei iets in die sewentig is, toe president Cyril Ramaphosa Vrydagoggend (19 Mei) vir hulle die sleutels oorhandig van hul nuwe huis in Vlakkeland in die Paarl.

Dit is die eerste keer in hul lewe dat dié paartjie, Johanna (70) en Johannes Buys (75), ’n huis van hul eie besit.

Ramaphosa en Johanna Buys gesels. Foto: Chantélle Hartebeest

Johanna Buys skaterlag toe pres. Ramaphosa in haar nuwe huis ’n grappie maak. Foto: Chantélle Hartebeest

“Ek voel bly dat ek vandag hierdie huis in my naam het en dat die president dit nou vir my kom oorhandig het en die lint kom knip het vir ons. Al wat ek ook kan sê, is dat die burgemeester (Conrad Poole) van Drakenstein sy beste gedoen het vir ons. Hy en sy span het ons bygestaan. Ons is baie tevrede,” sê Johanna verheug.

Vlakkeland is ’n behuisingsprojek wat die Drakenstein-munisipaliteit aanpak in samewerking met die departement van menslike nedersettings.

Aangesien sy haar ma se enigste kind is, verduidelik Johanna, is sy die begunstigde van die huis nadat haar ma destyds vir die huis aansoek gedoen het.

“My ma het aansoek gedoen vir die huis in 1991 en dat ons dit nou eers gekry het. My ma was Cathleen Gabriels. Sy het op 84 jarige ouderdom gesterwe op 14 September 2022.”

Nadat Johanna die lint voor die huis saam met Ramaphosa geknip het, kon die paartjie vir die eerste keer die huis binnegaan. Die oomblik is aanskou deur die Buys-familie se tientalle nuwe bure, asook ministers, die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, en verskeie mediamense wat die gebeurtenis kom vasvang het.

Ramaphosa wens Johannes Buys voorspoed toe met hul nuwe tuiste. Foto: Chantélle Hartebeest

Die paartjie woon al die jare al by hul dogter in Wellington. Woorde ontbreek hulle om te kan verduidelik watter blydskap hulle in hul hart voel. Johannes het aan Paarl Post gesê hy voel ’n bietjie “nervous” oor die dag voordat emosies hom oorweldig het en hy in trane uitgebars het. Johanna het haar man getroos en sy trane weggevee. Die huis is sonder twyfel ’n groot seëning vir die Buys-familie, en dit gaan nog tyd vat voordat dit insink.

“Ek is net bly die president het gesê hy gaan vir ons ietsie doen in die huis dat dit nie so kaal lyk nie,” sê Johannes.

“Hy (Ramaphosa) het nie spesifiek gesê wat hy gaan bydra nie, maar hy het gesê dat hy ’n bydrae gaan maak,” brei Johanna hierop uit.

Beide Johanna en Johannes sien daarna uit om in te trek in hul nuwe plekkie, waar hulle rustig kan verkeer en met die gerustheid dat dit hul eie veilige hawe is.

. It was an overwhelming moment for an elderly couple, both in their seventies, when President Cyril Ramaphosa handed them the keys to their new home in Vlakkeland in Paarl on Friday morning.

Johannes en Johanna Buys spog met hul huis sleutels. Foto: Chantélle Hartebeest

heading
description
username
Wys Kommentaar ()
besig om te laai... Regstreeks
England 524/4
Ireland 172/10 & 139/4
Rand - Dollar
19.51
+0.6%
Rand - Pond
24.29
+0.0%
Rand - Euro
20.93
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.92
-0.2%
Rand - Jen
0.14
+0.0%
Platinum
1,003.50
0.0%
Palladium
1,420.36
0.0%
Goud
1,948.15
0.0%
Silwer
23.63
0.0%
Brent-ruolie
76.13
+2.4%
Top-40
71,993
+1.9%
Alle aandele
77,126
+1.7%
Hulpbronne 10
70,299
+1.9%
Industriële 25
105,036
+2.0%
Finansiële 15
14,803
+1.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos