.

Betoging oor geslagsgeweld

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Franschhoekse mans en vroue het stilweg betoog teen die feit dat ’n polisieman wat van statutêre verkragting aangekla is, steeds aan diens is.
Franschhoekse mans en vroue het stilweg betoog teen die feit dat ’n polisieman wat van statutêre verkragting aangekla is, steeds aan diens is.


Die reënweer verlede Donderdag het nie betogers van die Franschhoek-gemeenskap gekeer om sterk standpunt teen geslagsgebaseerde geweld in die omgewing in te neem nie.

Die stille protesaksie was gemik op die aanklag van statutêre verkragting vroeg in Oktober teen ’n Franschhoekse polisiebeampte.

Klein groepies van tussen vyf en tien mans en vroue het op strategiese plekke byeengekom terwyl die organiseerders van die betoging ’n memorandum met eise aan die Franschhoek-polisie se stasiebevelvoerder oorhandig het.

Die memorandum lui dat voldoende tugstappe nie teen die beampte voltrek is nie, aangesien die verdagte steeds aanmeld in sy amp as polisieman.

“As gevolg hiervan het ons nie meer vertroue in die Franschhoek-polisie om sake van dié erns te hanteer nie.”

Die memorandum vereis dat die verdagte onmiddellik van sy pligte ontneem word totdat die saak afgehandel is; dat die verdagte nie op straat naby kinders mag wees nie; dat geregtigheid sal seëvier om vroue en kinders te beskerm; dat die verdagte nie spesiale behandeling tydens die saak gegun sal word nie, en dat die stasiebevelvoerder gereelde terugvoer sal verskaf.

Kol. Frederick Rossouw, die stasiebevelvoerder, het Paarl Post verseker dat die beampte as verdagte in ’n strafregtelike saak aangekla is en dat alle tugstappe binne sy (die stasiebevelvoerder se) mag teen die beampte uitgevoer is.

“Al my werk is alreeds uitgevoer in verband met die saak. Ek wag op die provinsiale kantoor om verdere stappe aan te kondig. Die beampte moet eers verhoor word, wat sal bepaal of hy ontslaan sal word op grond van regulasie 8 of 9.”

Hy sê indien ’n saak ingevolge regulasie 9 van toepassing is, sal hy as bevelvoerder die gesag hê om ’n onmiddellike ontslag te verklaar.

Die gevoelens waaronder die gemeenskap gebuk gaan, is aan Paarl Post woordeliks as volg gekommunikeer: “Oor die algemeen toon dié area ’n tendens van sake rakende minderjariges wat leed aangedoen is, waarvan daar niks kom nie. Maar noudat dit ’n man in uniform is, is dit net een té véél.”

Jeanetta Lottering, een van die betogers, het die volgende gesê: “Dis vir my baie hartseer dat ’n man van byna 60 jaar oud twee susters se lewe so omver kom gooi het. Die oudste suster was jare terug maar 14 jaar oud toe sy swanger geword het, en nou nóg ’n jonger sussie wat tans maar 13 jaar oud is – dis hartseer!

“Ons voel geregtigheid moet geskied. [Die polisie] kan hom nie langer in diens wil hou nie. Hy is nou nog aan diens en dan loop hy met ’n breë glimlag verby ons met sy pistool aan sy heup.”

Dit volg ná bewerings van ’n 13-jarige wat swanger geword het aan die hand van die polisiebeampte.

Die Wes-Kaapse polisiewoorvoerder, Joseph Swartbooi, het in ’n verklaring gesê die Stellenbosch-polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe (GKS) ondersoek ’n klagte van statutêre verkragting.

Swartbooi het ook bevestig dat ’n 43-jarige vrou, die 13-jarige slagoffer se ma, in hegtenis geneem is en reeds in die hof verskyn het op aanklagte van versuim om misdade van ’n seksuele aard aan te meld.


besig om te laai... Regstreeks
Sri Lanka 113/1
West Indies 0
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
16.16
+0.8%
Rand - Pond
21.49
+0.3%
Rand - Euro
18.23
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.52
+0.2%
Rand - Jen
0.14
+0.0%
Goud
1,784.02
-0.5%
Silwer
22.85
-1.3%
Palladium
1,793.50
+2.4%
Platinum
969.50
+1.5%
Brent-ruolie
72.72
-11.6%
Top-40
63,601
+1.9%
Alle aandele
70,009
+2.0%
Hulpbronne 10
65,581
+2.4%
Industriële 25
93,900
+1.1%
Finansiële 15
13,460
+3.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos