.

Groep betoog oor ‘vergete’ plaasaanvalle

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Talle mense wat kulturele en rassegrense oorskry, het in protes teen plaasaanvalle op 16 Oktober voor die Paarl-landdroshof saamgetrek.
Talle mense wat kulturele en rassegrense oorskry, het in protes teen plaasaanvalle op 16 Oktober voor die Paarl-landdroshof saamgetrek.


Talle inwoners van die vallei het Saterdag opgeruk om die Drakenstein-gemeenskap se aandag op die landwye epidemie van plaasaanvalle te fokus.

“Die optrede is gemik om weer bewustheid van die algehele probleem op te wek omdat mediadekking oor plaasmoorde verminder het, juis oor die algemene tendens wat dit geword het. Mense raak te gewoond aan plaasaanvalle.”

Dit is die motivering van Le Roux Wiese, ’n jong Paarliet, wat in samewerking met ander passievolle betogers en bekendes soos Kobus Wiese en Petrus Sitho tydens die naweek se aksie voor die Paarl-landdroshof aandag getrek het.

’n Elle lange stoet motors en motorfietse het tot in Bergrivier Boulevard gery met vlae en wit en swart kruise as simbool van dié pleidooi.

Le Roux is van mening dat minder belangrike kwessies hoofopskrifte in die media haal terwyl die erns van plaasaanvalle misgekyk word.

“Ons hunker na bewusmaking en dat meer mense betrokke raak met bewegings wat ondersteuning en sekuriteit aan die plaasgemeenskap bied. Te veel mense baklei alleen daarteen; so gaan hulle nie veel bereik nie. Niemand luister na ’n enkele mens nie, so, as ons mense in die duisende bymekaar kan kry, sal dit ’n soveel groter uitwerking hê.”

Sitho het ook die betoging bygewoon en homself verklaar as ’n “swartman wat die erns van plaasaanvalle onder die swart gemeenskap se aandag wil bring” en het die afgelope jaar landwyd gereis na aksies wat boere ondersteun. “Ons betoog teen plaasaanvalle, want hulle gaan nie ons kos vat nie. If you touch a farmer, you touch Petrus,” het hy Saterdag gesê.

Sitho glo dat president Cyril Ramaphosa en Bheki Cele, die minister van polisie, nie hul verantwoordelikhede – om sekuriteit aan die plaasgemeenskap te verskaf – nakom nie. “Ek is die enigste swartman wat slagoffers van plaasaanvalle interview en dit na die media wêreldwyd stuur. Ek wil die wêreld wys dat die president gelieg het toe hy oorsee gesê het daar is nie aanvalle op ons boere nie.”

Die direkteur van Justice for Farm Murders SA, Jo-Anne Cloete, het ook die aksie bygewoon.

Die organisasie sonder winsbejag fokus daarop om geld en ondersteuning vir landbou-sekuriteit aan te wend.

Besoek die webtuiste www.justiceffm.co.za vir verdere inligting.

* A protest was held on Saturday as a reminder that farm attacks are still a severe issue plaguing the farming community.

besig om te laai... Regstreeks
South Africa A 268/10 & 196/1
India A 276/10
besig om te laai... Regstreeks
Australia 0
England 147/10
besig om te laai... Regstreeks
Stellenbosch FC 0
SuperSport United 0
besig om te laai... Regstreeks
Sekhukhune United FC 0
Marumo Gallants FC 0
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
15.72
+0.8%
Rand - Pond
20.75
+1.1%
Rand - Euro
17.78
+0.4%
Rand - Aus dollar
11.24
+0.4%
Rand - Jen
0.14
+1.1%
Goud
1,782.69
-0.1%
Silwer
22.42
-0.4%
Palladium
1,853.84
+0.0%
Platinum
957.50
0.0%
Brent-ruolie
75.44
+3.2%
Top-40
65,993
-0.8%
Alle aandele
72,404
-0.7%
Hulpbronne 10
68,624
-2.1%
Industriële 25
95,800
-0.2%
Finansiële 15
14,289
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos